Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 6 VAN 9

Wanneer jy die vrug van die Gees bestudeer, moet jy verstaan dat dit eers na vore kom wanneer die Gees in jou teenwoordig is. Ek glo ons verstaan dit nie altyd reg nie. Ons dink ons eie optrede kan ons toegang tot die Gees laat verkry.


As ek na goedheid kyk, kan ek my vereenselwig met hoe ek grootgeword en take verrig het. Wanneer ek nie my kamer skoongemaak het nie, het my ouers gedreig om my te hok. Dan het ek dit teësinnig gedoen en was ek vies as dit lyk of hulle nie my netjiese kamer waardeer nie.


Ek was gefrustreerd dat die eenmalige daad nie tot erkenning of lof gelei het nie. My ouers wou my egter nie straf nie, hulle wou hê dat verantwoordelikheid in klein dingetjies my tot groter en beter dinge moes lei. Dit het daartoe gelei dat dat ek my ouers vertrou het. Dit het die frustrasie of woede teenoor my ouers uit die weggeruim omdat ek daardeur toegang tot ander dele van my lewe verkry het.


Die goedheid van God is binne ons bereik en wanneer ons sy Gees opsoek, sal goedheid natuurlik voortvloei. Dit is God se ontwerp dat ons nie hoef te werk om sy goedheid te geniet nie. Wanneer ons die goedheid van God in ons lewens erken, vloei dit deur ons lewens en gee ons die geleentheid om die goedheid van God te deel.


Almal hou daarvan om 'n geskenk te ontvang, maar baie mense geniet dit ook om geskenke te gee. As ons eerlik met onsself moet wees, sal ons erken dat dit makliker is om te gee wanneer ons ook ontvang het. Wanneer 'n vriend 'n geskenk vir jou verjaarsdag koop, gaan jy seker maak om nie hul verjaarsdag te mis nie. God het ons die belangrike gawe van opoffering gegee. Ons moet ons dag begin met 'n gebed van danksegging en erkenning vir dit waardeur Hy ons dra en waarmee Hy ons seën. Wanneer ons ons dag so begin, sal daardie Gees van goedheid in ons na vore kom om met ander gedeel te word.


God het voorsien en sal aanhou voorsien. Met daardie vertroue, kan jy jou dag begin en hierdie goedheid met jou vriende, jou gesin, jou bure en jou medewerkers deel!


- Walter Hayes, Direkteur van Besigheidsontwikkeling


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid