Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 2 VAN 9

Volgens die HAT woordeboek, word vreugde as "die oorsaak van geluk" gedefinieer.


Tog, wanneer ons vreugde deur 'n geestelike lens beskou, sien ons dat ware vreugde uit die ervaring van God se liefde, wysheid en goedheid spruit.


Hierdie ewige vreugde kan nie nagemaak word, en ook nie gedupliseer word nie. Die vreugde van God is ongeëwenaar en voorsien ons van die aanmoediging wat ons gedurende moeilike tye in ons lewens nodig het.


Hier is vier noodsaaklikhede om die vreugde van die Here te ontvang, te verstaan en te behou:


1. Vreugde begin by die aanvaarding van Christus.

Jesus Christus is ons bron van vreugde. Om Christus as ons Verlosser te aanvaar, verskaf innerlike versekering dat, ongeag wat ons ervaar, Hy by ons is. Ongeag ons omstandighede, ongeag ons foute — verloor Hy nooit moed met ons nie.


2. Ons behou ons vreugde wanneer ons in Hom bly.

Om Christus as jou Verlosser te aanvaar is nie 'n eenmalige daad nie, maar die begin van 'n lewenslange verhouding — om die pad wat Hy vir ons beplan te volg, om sy gebooie te onderhou en in sy liefde te bly. Jesus stel dit direk in Johannes, en verduidelik, deur in Hom te bly, sy vreugde in ons sal wees.


3. Hy vul ons met sy vreugde.

Christus wil hê dat ons 'n lewe moet lei waarin ons blydskap oorvloedig en aanhoudend is. Hy weet dat ons voor hindernisse in ons lewens te staan sal kom, maar Hy voorsien ons ook van die vermoë om op hierdie vreugde staat te maak om ons deur daardie moeilike tye te kry. Ons blydskap is volkome, en ons beker loop oor wanneer ons in Hom bly.


4. Ons oorvloedige blydskap stort oor op almal om ons.

Vreugde is aansteeklik. Wanneer jy by 'n kamer vol glimlaggende, vriendelike, gelukkige mense instap, kan jy nie anders as om terug te glimlag en beter te voel as voordat jy die kamer binnegekom het nie. Dieselfde geld vir die vreugde van die Here. Deur die vreugde wat God ons gegee het met ander te deel, tree ons op as kanale waardeur God vreugde aan diegene om ons verskaf. Die ewige vreugde is nie net vir sommige bedoel nie, maar vir ons almal!


Deur hierdie vier noodsaaklikhede vir vreugde te volg, verkry ons innerlike vreugde waarvan niemand ons kan beroof nie.


Ons dra hierdie vreugde saam met ons wanneer ons voor teëspoed te staan kom, want ons weet dat dit deur God in ons gevestig is, en deur almal naby ons gedeel word.

- Diana Villa


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid