Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 8 VAN 9

My persoonlike interpretasie van sagmoedigheid gedefinieer ek as minsaam, saggeaard en vriendelik.


Wanneer ek Bybelse sagmoedigheid bestudeer en sien wat God sê, is sagmoedigheid soveel meer as hierdie interpretasie.


Die "Strong's Concordance" definieer sagmoedigheid ten opsigte van gelowiges, as beskeie (sag van gees) wat begin met die Here, en eindig deur sy leiding en bemagtiging. Dit is 'n Goddelike gebalanseerde deug wat slegs deur geloof kan funksioneer.


In die evangelies, (Matteus — Johannes), vind ons die grootste voorbeeld van sagmoedigheid in Jesus se woorde en optrede.


Wanneer ons gebore word, is ons oorspronklike sondige natuur om selfsugtig te reageer en nie met die vrug van die Gees nie, maar wanneer ons wedergebore word en Jesus Christus as ons Here en Verlosser aanneem, word ons gelowiges en kry ons 'n nuwe geaardheid en word ons gees met ons verlossing vernuwe.


As gelowiges word ons deur die apostel Paulus aangesê om altyd nederig en sagmoedig te wees, heilige lewens te lei, vriendelik teenoor ander te wees, selfs wanneer mense dit deur hul optrede moeilik maak.

Hoe is dit selfs moontlik?

Slegs deur die genade van God, met die hulp van die Heilige Gees!

Kom ons wees eerlik — dit is dikwels makliker gesê as gedaan.

Wanneer ek egter vasberade is om nie te reageer nie, maar eerder vinnig is om na die Here se stil stemmetjie in my hart te luister, sal Hy my in daardie oomblikke help om in sagmoedigheid te reageer. As ons op die Heilige Gees begin steun om ons helper te wees, in alles en elke dag, sal dit die lewe soveel makliker maak, en stel ons 'n goeie voorbeeld aan ander in ons lewens.

Eenvoudig gestel, om in sagmoedigheid te wandel, is sterk genoeg om mense vir Jesus te wen.

Sagmoedigheid is 'n uitstekende manier om ander na die goedheid van God te wys! As Christene word ons deur God geroep, en kry ons die opdrag om in ooreenstemming met daardie roeping te wandel. Wanneer ek die Heilige Gees toelaat om in my te werk, word die vrug van die Gees duidelik in alles wat ek doen en bring dit alle eer aan Jesus Christus!

- Christa Jones, Menslike Hulpbronne Bestuurder


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid