Leesplan inligting

'n Vrugbare LeweVoorbeeld

A Fruitful Life

DAG 1 VAN 9




In ons dag en geslag is liefde iets wat voortdurend verkondig word, maar dikwels drasties verkeerd verstaan word.

Jy sien, liefde is meer as 'n blote gevoel, hoendervleis of skoenlappers — want die Bybel wys vir ons dat liefde 'n keuse is.

Dit is 'n keuse wat ons moet maak om daagliks aan te werk. Uiteindelik, kom hierdie keuse neer op wat ons onsself moet afvra, die keuse is: Gaan ek 'n lewe in die Gees lei (op God se manier), of lewe in die vlees (op my manier)?

Een van die gewildste gedeeltes in die Skrif waarna mense verwys wanneer dit by liefde kom, is 1 Korintiërs 13 “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.”


Tog, ek weet nie van jou nie, maar nie een van daardie dinge kom vir my natuurlik nie. Wanneer iemand op die pad voor my inry of met my astrant is, is geduld NIE my eerste reaksie nie.


Nietemin, dit is 'n keuse wat ons moet maak.


Hoe kies ons dan om 'n lewe te lei wat in liefde geanker is?


Die natuur werk so: jy sal nie mango's pluk as jy 'n appelboompie geplant het nie.


Net so, as jy 'n lewe lei wat toegee aan jou vleeslike begeertes (om vleeslike sade te plant), sal jy niks anders as die vrug van die vlees kweek nie (woede, jaloesie, bitterheid, depressie, angs, stry, en so aan).


In Johannes 15 verwys dit hoe ons aan die Wingerdstok (die Here) verbind moet wees en hoe ons sonder die Here niks kan doen nie. Jy kan dalk vir 'n oomblik los van die Gees wees en tog liefde betoon, maar om voortdurend daardie vrug in jou lewe te kweek, moet jy aan die bron verbind bly. Om 'n lewe in die Gees te lei, is 'n toewyding aan die Here, en om aan jou eie-ek te sterf. Dit is 'n dapper, dog vrugbare besluit om die Here te volg. Jy verruil jou bitterheid vir vreugde, jou angs vir vrede en jou woede vir liefde.


Dit beteken nie dat ons nie moeilike dinge in die gesig sal staar nie, of oomblikke sal hê waar jy tekortskiet nie, maar wanneer jy aan die Gees verbind is, sal die Here, anders as met 'n plant, die dinge in jou lewe wat nie daar hoort nie, wegsnoei. Die snoeiwerk is vir niks anders bedoel as om gesonde groei in ons lewens te bewerkstellig nie – dit is tot ons beswil!


Om jou lewe af te lê, is nie 'n teken van swakheid nie, maar van krag.


- Ashtin Villa, Direkteur van Kultuur en Projekbestuur


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Fruitful Life

Die vrug van die Gees kan slegs gevind word wanneer ons in die Gees wandel. Hierdie leesplan sal jou help om in die vrug van die Gees te delf en verduidelik hoe ons, as gelowiges, hierdie vrug kan geniet.

Ons wil David Villa bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid