Leesplan inligting

Guns By KoningsVoorbeeld

Favor With Kings

DAG 7 VAN 7

Onthouding

Oefen om nee te sê. Onthouding vorm deel van die opleiding.


Jy hoef nie vir alles nee te sê nie, maar wel vir sommige dinge. Sulke gedissiplineerdheid sal jou gesond hou. Beoefen matigheid in alles. Enige oordadigheid is gevaarlik. Moet dit dus nie toelaat nie. Besluit nou dat jy minstens soveel keer nee sal sê as wat jy ja gaan sê.


Die volgende keer wanneer 'n vakansie, 'n besigheidsklas vliegkaartjie, groot bonus, opgegradeerde voertuig ens. jou aangebied word, gaan geniet dit. Waardeer dit. Neem egter op daardie oomblik ook die besluit dat jy jou iets anders sal ontsê. Kyk dadelik wat jy kan vrylaat en uitdeel. Gee 'n voordeel wat jy aan jouself sou kon regverdig aan 'n medewerker as 'n seën.


Ontvang, laat dit dan vry en gee dit weg.


As jy iets nodig het, vra daarvoor. Wees egter dankbaar as jy dit kry. Moenie toelaat dat sukses 'n gaping tussen jou en ander mense skep nie. Oorbrug daardie gaping deur jou seëninge met ander te deel


Hoe kan jy iemand se dag, week of maand besonders maak? Watter klein bonus van jou sal 'n beduidende verskil in iemand anders se lewe maak?


Laat dit vry en gee dit weg.


Selfs wanneer jy iets kan doen, beteken dit nie jy moet dit doen nie. Hou die groter prentjie in gedagte, om seker te maak dat die werk voortdurend die geheel dien — nie net vir jou nie. Dit is die kern daarvan om suksesvol te wees terwyl jy steeds jou siel behou.


Jesus het gesê: "Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?" Markus 8:35.


Die punt wat Hy maak, is dat daar meer op die spel is as net weelde en wêreldse besittings. Iets anders gebeur hier. Daar is 'n groter missie en jy is deel daarvan.


Kyk verby jou voordele en hou jou oë op die Voorsiener.


Nehemia het doelbewus op meer as twee maniere nee gesê:


1. Ek is nie beter nie. Hy het geweet hy is nie beter as die mense vir wie hy as goewerneur gedien het nie. Hy het nie sy status in sy eie gedagtes oordryf of verhef nie. Hy het gekom om die volk te dien en hy sou voortgaan om dit te doen. Status was nie vir hom van belang nie. Hy was nie deur status gedrewe nie. Die voordele van leierskap sou hom nie ontspoor nie. Vir Nehemia was dit kristalhelder: "Ek is niks beter as hulle nie, ons is almal dieselfde."


2. Ek is nie verbitterd nie. Nehemia het ook geweier om verbitterd te raak. Onthou, hy was in 'n gerieflike posisie omdat hy direk vir die koning van Persië gewerk het. Hy het die guns van die koning geniet en daar was baie voordele in die Persiese paleis. Hy het dus baie opgeoffer om in die sweet van sy aangesig aan die mure van Jerusalem te help bou. Dit het nie net oor die muur gegaan nie. Dit was ook oor die mense, gemeenskap, hervorming en 'n beter toekoms. Het die volk dit egter op prys gestel? Het hulle hom waardeer?


Dis nooit waaroor dit gaan nie.


Niemand hou van 'n brompot met 'n slegte houding nie. Wanneer 'n held gegrief is oor sy opoffering, haal dit die vreugde uit 'n verhaal. Dit was egter nie die geval met Nehemia nie. Sy vertroue was in God: "Onthou tog, my God, tot my voordeel, alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!" Nehemia 5:19.


Dankie dat jy gekies het om hierdie leesplan te lees. Ons hoop dit het jou geïnspireer.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Favor With Kings

Jy smag daarna om 'n betekenisvolle lewe te lei. Wat as jy dit egter heeltemal verkeerd aangepak het? Kry die antwoorde in die memoires van Nehemia. Dit kom uit Pastoor Caleb Anderson se nuwe boek "Favor with kings".

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/favor-with-kings/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid