Leesplan inligting

Guns By KoningsVoorbeeld

Favor With Kings

DAG 2 VAN 7

Pyn

Watter slegte nuus het jy ontvang? Wat is jou diepste pyn? Is daar seerkry in jou siel? Jy het dalk aanbeweeg en dit op 'n gesonde manier gehanteer, maar pyn vorm steeds ons ervaring van die lewe.


Pyn wat eerlik hanteer word, lei ons na ons grootste passies.


Dalk weet jy dadelik wat jou pyn is. Miskien is daar te veel om van te kies. Of dalk is jy tot op hede van tragedie gespaar, maar pyn is onvermydelik.


Ek het onlangs met 'n komediant gepraat oor die pyn waardeur sy gegaan het. Sy het gesê die prik van pyn sal altyd daar wees, maar sy het besluit sy sal pyn as 'n gawe beskou — dit gee haar goeie materiaal vir haar optredes!


Dit is seker een manier hoe om daarna te kyk. Tog is daar 'n beter manier. God sien nie pyn as 'n vermorsing nie. Trouens, pyn is dikwels die dryfveer wat tot die grootste uitkomste lei.


Pyn kan iets aan jou openbaar. Luister jy daarna? Benut jy die pyn van jou verlede ter wille van vooruitgang?


Maggie en Beth het al met talle jong vroue in ons kerk gepraat en na hul besorgdhede en onsekerhede geluister omdat hulle nie kon kook nie. Hulle het dus dadelik 'n groep gestig wat om die beurt in die kombuise van jong moeders bymekaar gekom het om hulle te leer hoe om maaltye binne 'n begroting vir hul groeiende, besige gesinne voor te berei.


Blake Mycoskie het met TOMS Skoene begin nadat hy deur Argentinië gereis het en kinders kaalvoet in die strate sien rondhardloop het. Die besef dat dit 'n wêreldwye probleem van armoede is, en die wete dat hy die vermoë het om iets daaraan te doen, het van Blake die baanbreker gemaak om nou die bekende sakemodel "One for One" te ontwikkel — jy koop een paar skoene en sy maatskappy gee nog 'n paar aan 'n behoeftige kind.


C. S. Lewis het gesê: "God fluister vir ons in ons goeie tye, praat in ons gewete, maar skree in ons pyn: dit is sy megafoon om 'n dowe wêreld wakker te skud."


Wat van jou? Wat breek jou hart? Het jy vir God hoor skree? Is daar slegte nuus wat jou bybly, jou aanmoedig om iets te doen?


Onthou, om iets te doen is deel van die proses. Dit hoef nie iets groot te wees nie. Die grootte en omvang van jou projek maak nie saak nie. Wat wel saak maak, is dat jy die pad en beginsels volg wat in Nehemia uiteengesit word.


Lees en jy sal vergeet. Sien en jy sal verstaan. Doen en jy sal 'n verskil maak.


Jou projek mag dalk 'n winsgewende maatskappy word, 'n nie-winsgewende organisasie, 'n bediening by die kerk, 'n geleentheid vir gemeenskapsbetrokkenheid, 'n innoverende onderneming, 'n naweekprogram, 'n aanlyn veldtog, 'n sosiale beweging of enigiets soortgelyk. Die moontlikhede is eindeloos.


Kies egter om iets te doen wat saakmaak. Vra die vraag: Hoe gaan dit regtig? Laat dan toe dat slegte nuus goeie werke voortbring.


Dit is nou die regte tyd.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Favor With Kings

Jy smag daarna om 'n betekenisvolle lewe te lei. Wat as jy dit egter heeltemal verkeerd aangepak het? Kry die antwoorde in die memoires van Nehemia. Dit kom uit Pastoor Caleb Anderson se nuwe boek "Favor with kings".

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/favor-with-kings/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid