Leesplan inligting

Guns By KoningsVoorbeeld

Favor With Kings

DAG 3 VAN 7

Kweek Oortuiging

Ek en Hilary het die geleentheid aanvaar om die Marinerskerk in Huntington Beach te lei. Ek het die verhaal van Nehemia gelees en tot die gevolgtrekking gekom dat, toe hy gevas en gebid het, God hom al hoe meer oortuig het van die pyn van sy vriende en familie in Jerusalem. Ek glo ook dat God vir Nehemia duidelikheid gegee het oor een daad wat sou vermenigvuldig om 'n groot impak te maak. Om die afgebreekte muur wat die stad omring te herbou, het nie net oor die muur gegaan nie — dit het 'n nuwe begin beteken.


Soms lei een doelbewuste daad na 'n verskeidenheid positiewe uitkomstes. Dalk het jy gister om elke draai vasgeval, maar 'n klein aanpassing vandag, kan veelvuldige deure oopmaak wat voorheen toe was.


As gevolg van my bepeinsing oor Nehemia, het ek besluit om te vas en te bid. Ek het deur Huntington se strate geloop en God genooi om my besorgdheid vir die gemeenskap te laat toeneem. Ek het mense ontmoet, vrae gevra, geluister en geleer. Binne 'n kort tydjie het ek geweet dis die pad wat ek moes volg.


Ek het ook agtergekom, nadat ek my tot hierdie weg verbind het, dat 'n nuwe passie my hart gevul het.


Gevoelens volg op dade. Al voel jy aanvanklik niks nie, sal dit wel volg sodra jy dit begin glo en besluit het.


Dit is net soos om verlief te wees. As jy net lewe volgens wat jy voel, sal jy binne 'n maand getroud en binne 'n jaar geskei wees. As jy egter leer dat jy keuses kan maak wat emosies kweek, sal jy die suksesvolste huwelik hê.


'n Paar dinge wat ek ontdek het wat sterk oortuigings kweek is:


1. Bring tyd deur in die geselskap van mense met sterk oortuigings. Oortuiging is soos enige soort energie, dis aansteeklik. Hoe meer jy tussen mense met diepe oortuigings is, hoe sterker sal jou eie sekerheid en helder denke word.


2. Kry 'n diepgaande begrip van die werklikhede in die lewens van regte mense. Hoe meer jy van iets bewus word, hoe meer moet jy iets daaromtrent doen. Wanneer jy mense leer ken (as hulle nie meer net statistieke is nie), sal dit tot opregte deernis aanleiding gee. Wanneer stede persoonlikhede het, gee jy om. Wanneer organisasies 'n groter verhaal van spanwerk en gesamentlike deernis beliggaam, sal julle daartoe beweeg word om 'n verskil te maak.


3. Ontwikkel 'n oggendroetine. Jou dag sal soveel beter wees as jy dit begin met 'n voorneme, helder denke en 'n doel. Fokus elke oggend op wat die meeste saakmaak. Stel 'n daaglikse rooster op om persoonlike daaglikse roetines te skep.


4. Bid. Val êrens in privaatheid neer en moenie opstaan voordat jou hart breek nie. Begin doen punte 1 en 2 hierbo en laat die God van kreatiwiteit en deernis jou hart breek in 'n uitstorting van liefde in aksie.


Nehemia se gevoelens en oortuigings het al sterker geword namate hy gebid en gevas het.


Soek dus eers na jou waarom, en dan na jou weg.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Favor With Kings

Jy smag daarna om 'n betekenisvolle lewe te lei. Wat as jy dit egter heeltemal verkeerd aangepak het? Kry die antwoorde in die memoires van Nehemia. Dit kom uit Pastoor Caleb Anderson se nuwe boek "Favor with kings".

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/favor-with-kings/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid