Leesplan inligting

Guns By KoningsVoorbeeld

Favor With Kings

DAG 6 VAN 7

Delegeer Net

Moenie te veel daaraan dink nie.


Jy staan op die punt om te sien hoe Nehemia die Einstein van delegeer is en dat sy metode om ander te beïnvloed, eenvoudig, dog geniaal is.


"... die priesters het elkeen die gedeelte regoor sy huis [herstel]" Nehemia 28:3.


Mense doen die beste werk wanneer hulle daarvoor omgee.


Wat het Nehemia dus gedoen? Luister noukeurig: dit kan jou begrip van leierskap verander.


Die werk wat Nehemia aan elkeen uitgedeel het, was die dele van die muur wat die naaste aan daardie persoon se huis was!


Net so. Dit was sy basiese strategie.


So het Nehemia
— die mense laat glo dat die projek moontlik was,
— vir hulle gewys dat die guns van God met hulle was,
— die materiaal vir die bouwerk voorsien, en
— 'n stelsel in plek gesit hoe om te werk te gaan, deur by die hekke te begin.


Toe het hy die mense bemagtig om naby hulle eie huise te werk.


Dink daaroor. As jy weet jy werk aan die deel van die muur wat jou huis en gesin moet beskerm, hoe gefokus sal jy dan nie wees nie? Hoe pligsgetrou? Ek verseker jou jy sal geensins afskeepwerk doen nie. Jy sal beslis die beste metodes en stelsels gebruik wat goed werk. Jy sal ook vinnig en ywerig werk om jou deel van die muur klaar te maak. Jy sal ook saam met jou bure werk om seker te maak dat jou gedeelte goed met hulle s'n inskakel. Per slot van rekening sal jy gapings of onegalige deel in jou muur wil hê nie. Jou huis — jou gesin — is hier ter sprake.


Mense doen die beste werk wanneer hulle daarvoor omgee.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Favor With Kings

Jy smag daarna om 'n betekenisvolle lewe te lei. Wat as jy dit egter heeltemal verkeerd aangepak het? Kry die antwoorde in die memoires van Nehemia. Dit kom uit Pastoor Caleb Anderson se nuwe boek "Favor with kings".

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/favor-with-kings/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid