Leesplan inligting

52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 5 VAN 52

Die Bybel is vol van eenvoudige beginsels wat kragtig is. As jy hulle reg volg, sal die res van jou lewe uitwerk soos God dit bedoel het. Jesus leer vir ons prioriteite. Om God lief te hê, is die belangrikste ding en die bron van lewe. Gehoorsaamheid aan wat God in die Bybel sê, is een van die beste maniere om vir God te wys dat ons Hom liefhet. Om jou bure en die mense om jou lief te hê, is 'n uitvloeisel van jou verhouding met God.


VRAE


Wat geniet jy die meeste daarvan om 'n kind van God te wees? Wat is een manier waarop jy vir mense kan wys dat jy hulle liefhet?


BELYDENIS


Ek sal God liefhê en sy Woord gehoorsaam. Ek sal my hele hart vir Hom gee. Ek sal kies om ander lief te hê al is dit nie gerieflik nie.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die...

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid