Leesplan inligting

52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 8 VAN 52

Die lewe gaan minder daaroor om iets te forseer om te gebeur en meer daaroor om te groei in dit wat God vir jou wil gee. 'n Lemoenboom probeer nie baie hard om lemoene te dra nie; dis wat 'n lemoenboom van nature doen. As die wortels en grond goed is, sal die vrugte groei. Net so is die vrug van die Heilige Gees nie iets wat ons forseer nie, maar iets wat 'n normale uitvloeisel van ons verhouding met Jesus is. Hoe meer tyd ons met God deurbring, hoe meer vrugte sal ons dra.


VRAE


Watter vrug van die Heilige Gees is vir jou die moeilikste om voort te bring? Watter vrug van die Heilige Gees is vir jou die maklikste om uit te leef?


BELYDENIS


Soos wat ek tyd saam met Jesus deurbring en die Bybel bestudeer, sal die vrug van die Heilige Gees in my lewe groei.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die...

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid