Leesplan inligting

52 Bybelverse Om Jou Kind Mee Te LeerVoorbeeld

52 Bible Verses to Teach Your Kids

DAG 7 VAN 52

In vandag se vers leer Jesus sy dissipels om te bid en ons, as sy dissipels, kan ook vandag daaruit leer. Jy sal oplet dat Jesus hulle eerstens leer om God meer persoonlik as Vader aan te spreek. Dan leer Hy ons om nie net te bid oor wat ons wil hê nie, maar ook oor die koninkryk van God. Bid doelbewus vir die wil van God om in jou stad en volk te geskied en fokus dan daarop om met God oor jou behoeftes te praat. Hy wil dit hoor en vir jou voorsien. Jesus leer ons hoe belangrik dit is om ander te vergewe en God te nooi om ons te help om versoeking te weerstaan.


VRAE


Wat is iets wat jy wil hê God vir jou moet doen? Het jy daaroor gebid? Is daar iemand wat jy moet vergewe?


BELYDENIS


Ek sal met vrymoedigheid bid, en weet dat my Vader in die hemel my hoor. God hoor en reageer op my gebede. Ek sal bid dat God se wil in my stad geskied.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

52 Bible Verses to Teach Your Kids

Elkeen van hierdie 52 Bybelverse is vormend vir ons begrip van God, die wêreld en ons lewens. Lees die oordenking saam met jou kinders. Vra dan die vraag en laat hulle die belydenis hardop lees. Dit kan hulle help om die...

More

Baie dankie aan Samuel Deuth wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Bible-Verses-Teach-Your-Kids/dp/B09WH5FNTR

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid