Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 7 VAN 7

Beweeg Vooruit



"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop die oog gevestig op Jesus …" Hebreërs 12:1-2 AFR83



Stel jou voor dat jy 'n wedloop hardloop met 'n swaar rugsak op jou rug. Om goed te presteer in die wedren gaan moeilik en pynlik wees. 



Op dieselfde manier, as jy te lank aan hartseer vashou, hou dit jou terug en verhoed dat jy vorentoe beweeg na wat God jou geroep het om te doen. 



Dit is nie verkeerd om hartseer te wees vir 'n sekere tydperk nie maar die Bybel waarsku ons dat dit nie te lank moet wees nie: 



"Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: ... 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans" Prediker 3:1,4.



Daar is 'n tyd om seer te hê, maar om aan te beweeg is noodsaaklik vir ons welsyn. Dit kan uitdagend wees, maar God het vir ons verskeie benaderings gegee om vorentoe te beweeg:



1. Fokus op Wat Goed Is



"Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig" Filippense 4:8.



Een manier om vorentoe te beweeg is om te fokus op die goeie. Wanneer jy meer spasie maak vir goeie gedagtes, is daar minder spasie vir hartseer. Daag jouself uit om negatiewe gedagtes of hartseer herinneringe te beveg met dankbaarheid teenoor God vir die seëninge in jou lewe. 



2. Kyk Vorentoe



"Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink

en by die verlede stilstaan nie.

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen ..."


Jesaja 43:18-19.



Ongelukkig sal wat ook al in die verlede gebeur het altyd daar wees, ons kan nie verander wat met ons gebeur het nie. Met God se hulp, kan ons begin om vorentoe te beweeg van dit wat ons verloor het en fokus op die genesing wat Hy wil bring. Indien ons fokus op wat Hy doen, dan het ons 'n geleentheid om 'n vennootskap aan te gaan met Hom en om deel te wees van die goeie dinge wat Hy beplan het. 



3. Juig 



"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop …" Romeine 5:3-4.



Om aan te beweeg gee ons die unieke geleentheid om te juig — nie net omdat ons pyn ervaar het nie maar ook omdat ons die geleentheid gekry het om te leer. Ons hartseer situasie kan een van ons mees intieme tye saam met God wees, en wanneer ons tyd saam met God deurbring leer ons van Hom. Ons vind vreugde saam met God, omdat ons deur die hartseer kom met meer wysheid. 



Genesing is 'n proses, maar terwyl ons vorentoe beweeg van ons pyn in die verlede, kan ons op God staat maak in alles wat ons doen. 



Bid: 



Vader, dankie dat U naby my is gedurende my hartseer, en my help om my wonde gesond te maak. Terwyl ek vorentoe beweeg, help my om te fokus op u liefde vir my, u liefde vir ander en die goedheid van u wil. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid