Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 4 VAN 7

Laat God Jou Definieer



"Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel" Kolossense 3:2-4.



Neem 'n oomblik om aan alles te dink wat belangrik is vir jou. Hoe pas God in die lys?



Wanneer ons enige iets bo God stel, dan beoefen ons afgodery. Nie alle hartseer kom uit afgodery nie, maar afgodery kan lei tot hartseer. Dit is waarom dit belangrik is om bewus te wees dat niks die plek van God in jou hart kan inneem nie. Wanneer ons iets verafgod, loop ons die risiko om te herdefinieer wat God ons geroep het om te wees.



Ons is geskape deur God, vir God. Omdat ons geskape is vir God, kan ons net ons ware self vind wanneer ons na Hom soek. Verafgoding van iets en om dit die mees belangrikste ding in ons lewens te maak kan verander hoe ons onsself definieer. 



Wanneer ons probeer om te definieer wie ons is met iets anders wat nie God is nie, gaan dit ons uiteindelik faal. Dit is soos om 'n sinkende boot te probeer lap met kougom — dit mag dalk werk vir 'n baie kort rukkie, dit gaan nie dryf tensy ons die gat lap met iets meer ferm nie. Op dieselfde manier, as ons ons identiteit op iets (of iemand) plaas waarvoor ons lief is, mag ons vervul voel vir 'n klein rukkie maar dit kan ons nie bevredig op die manier wat Christus doen nie.



Om onsself te definieer deur iets anders as Christus beteken nie dat ons Jesus nie lief het nie. Ons liefde vir Jesus moet kom voor ons liefde vir enige iets anders. Indien ons prioriteite uit lyn uit is, sal Hy geleenthede kry om ons te herinner aan wie ons waarlik is. Partykeer, gebruik Hy hartseer om dit vir ons te wys. 



Wanneer ons iets verafgod en dit stel ons teleur of word van ons af weggevat, kan dit ons gevoel van identiteit van ons af wegskeur — en ons los om die stukke op te tel. Indien ons Hom toelaat, kan God vir jou 'n nuwe en sterker identiteit bou. Hy kan die stukkende dele van jou lewe vat en dit verander in iets wat Hom vereer en heerlikheid bring. 



Bid:




  • Vra God om enige afgode in jou lewe te openbaar. 

  • Vra Hom om jou identiteit te herdefinieer. 

  • Vra God om jou te wys hoe Hy jou sien.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid