Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 5 VAN 7

Soek Jou Waarde in Christus



"Laban het twee dogters gehad. Die oudste was Lea en die jongste Ragel. Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was mooi gebou. Sy was beeldskoon. Jakob het haar liefgehad en hy het vir Laban gesê: 'Ek sal sewe jaar vir u werk vir u jongste dogter Ragel'"Genesis 29:16-18.



Dink oor hoe dit moet wees om aanhoudend iemand se aanvaarding te probeer kry. Jy probeer so hard as wat jy kan om goed genoeg te wees — maar dit maak nie saak wat jy doen nie, jy kan nie aan hulle verwagtinge voldoen nie. 



Dit is presies hoe dit was vir Lea. 



Omdat dit normaal was in die tyd waarin Lea gewoon het, was beide sy en haar suster Ragel, met 'n man met die naam Jakob getroud. Al was hy begaan oor albei van hulle, het Jakob Ragel meer lief gehad — en Lea was baie bewus daarvan. 



God het gesien dat Lea nie geliefd was deur haar man nie, Hy het haar geseën met baie kinders (wat, in hul kultuur, haar verhewe sou maak). In plaas daarvan dat sy gefokus het op die feit dat die Here haar waarde gesien het en haar geseën het, het Lea aangehou om haar waarde te plaas in wat haar man van haar dink. Ons sien dit reflekteer in die name wat sy vir haar seuns gegee het. 



"Lea het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, 'want,' het sy gesê, 'die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê"” Genesis 29:32.



Met elke kind het Lea gehoop dat Jakob haar uiteindelik sal liefhê. Ten spyte van haar pogings, het hy haar nooit gegee wat sy wou hê nie. 



Partykeer is dit makliker om dinge soos 'n lewensmaat, kinders, werk of sosiale status ons waarde te laat definieer. Om ons ware waarde te vind in wat ander mense van ons dink is nie moontlik nie — ons sal nooit tevrede voel nie. Die enigste manier wat ons ware tevredenheid kan vind is wanneer ons toelaat dat God se siening van ons ons waarde definieer.



Ons sien dat Lea dit ontdek het wanneer sy haar laaste kind se naam gee — sy begin uiteindelik sien hoeveel die Here haar na waarde ag en sy kies om Hom daarvoor te prys. 



"Sy het nog 'n keer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: 'Hierdie keer prys ek die Here.' ... " Genesis 29:35.



Indien ons aanhou om ons waarde in die aanvaarding of liefde van ander te plaas, sal ons nooit die vreugde vind wat die Here vir ons wil hê nie. Net Hy kan werklik ons harte vul en die bevestiging gee wat ons nodig het. 



In plaas daarvan om op dinge om ons te fokus wat buite ons beheer is, laat ons kies om op God te fokus — want net Hy kan ons help om die gevoel van eiewaarde te vind.



Bid:




  • Vra God om jou te wys hoeveel Hy jou waardig ag.

  • Vertel Hom wat jy wil oorgee.

  • Prys Hom vir die goeie dinge wat Hy vir jou gegee het. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid