Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 2 VAN 7

Bring Jou Seer Na God Toe 



"Hanna was baie ontsteld en terwyl sy onbedaarlik huil, het sy tot die Here gebid ..." 1 Samuel 1:10 NLV.



Dink aan 'n oomblik toe jy baie seer gehad het. Miskien was jy onregverdig gekritiseer deur iemand na aan jou. Dalk het jy 'n droom gehad wat nie werklikheid kon word nie, of 'n situasie het jou eensaam laat voel, ongeliefd of ongewens. Wat het jy gedoen toe jy jou breekpunt bereik het? 



Dit was onmoontlik vir Hanna om kinders te kry, sy het in 'n kultuur gebly waar haar waarde gemeet was aan haar vermoë om kinders te kan hê, Hanna het geoordeel, seergemaak en desperaat gevoel — so het sy na God toe gegaan vir hulp. Wanneer ons seer ervaar, kan ons Hanna se voorbeeld volg en dit na God toe bring. Hier is drie redes hoekom:  



1. Hy Bring Troos 



In die boek van Matteus, moedig Jesus ons aan om na Hom toe te gaan met ons probleme. 



"Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee" Matteus 11:28.



Voordat Hanna die tempel verlaat het, het die priester die volgende woorde tot haar gespreek: "Wees gerus en gaan nou maar. Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het" 1 Samuel 1:17.



Ons God is 'n goeie vader — soos enige goeie vader, wil Hy ons troos wanneer ons seer het. Hy weet presies wat ons nodig het om vrede te vind. Vir Hanna, het vrede deur iemand anders se woorde gekom. 



God bring troos op baie verskillende maniere, en om na God toe te gaan in ons hartseer, maak ons onself oop vir die oorvloedige vrede wat net die Here vir ons kan gee. 



2. Hy Bring Vreugde



"U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is" Psalm 16:11 AFR83.



Gedurende moeilike tydperke, kan vreugde ervaar word deur ons harte en gedagtes op God te fokus. Hanna het na God toe gegaan met haar pyn, sy het gewys dat sy Hom vertrou en God het aan haar die krag gegee wat sy nodig gehad het om te volhard ten spyte van haar uitdagings.



Hanna het heel waarskynlik daardie dag nie die tempel verlaat en gelukkig gevoel oor haar omstandighede nie, maar sy het dit verlaat met die kennis van God se goedheid — dit was genoeg vir haar om haar aan die gang te hou. 



Op dieselfde manier, wanneer ons gefokus bly op Jesus, sal Hy ons help om die vreugde van die Here te ervaar — dit maak nie saak watter omstandighede ons in die gesig staar nie. 



3. Hy Bring Genesing en Groei



"Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde" Psalm 147:3 AFR83.



God het Hanna se hart genees, Hy wil joune ook genees. Genesing neem dikwels tyd. Hanna het nie onmiddelik genesing gesien nie — sy het gewag vir God om sy goedheid te openbaar. Om te wag kan 'n uitdaging wees, God belowe dat ons nie nodig het om alleen te wag nie. 



God wil naby jou wees gedurende jou hartseer — om jou te vertroos maar ook om jou te help groei. Hoe nader jy aan God is, hoe meer kan jy op Hom steun wanneer tye moeilik word, en gereed te maak vir die genesing wat kom. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid