Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 3 VAN 7

Onthou Wie in Beheer is 



"Toe die farao nader kom, sien die Israelite skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep" Eksodus 14:10.



Stel jou voor hoe dit moes gevoel het om 'n Israelitiese slaaf te wees in Egipte. Vir jare, bestee jy die meeste van jou tyd om handearbeid te doen in die ontsettende hitte en om toe te kyk hoe jou mense mishandel word deur die Egiptenare. 



Dan — skielik — hoor jy dat die farao ingestem het om julle te laat gaan. Terwyl jy en die res van die Israeliete die reis begin uit Egipte verander die farao van plan. Jy hoor hy stuur honderde strydwaens om julle te gaan haal — en daar is 'n groot massa water wat julle roete na vryheid blokkeer. 



Dink aan die paniek wat jy dalk mag voel wanneer jou leier Moses, jou vertel om stil te wees.



"Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg" Eksodus 14:14.



Indien jy na die einde van die verhaal kyk, sal jy besef dat indien die Israeliete nie gedoen het wat Moses hulle gevra het nie, hulle heel waarskynlik die situasie sou vererger het — baie mense sou dalk teruggeneem gewees het as slawe of selfs doodgegaan het. Moses het verstaan dat dit die beste was om op God te vertrou en nie in sy eie kennis en krag nie. 



Om stil te word vereis om af te sien van alle beheer van 'n situasie en om op God te vertrou om dit te hanteer. Wanneer ons probeer om beheer te neem van 'n pynlike situasie, gaan ons pogings om verandering te forseer of te manipuleer heel waarskynlik net meer probleme veroorsaak. 



Indien die Israeliete nie die situasie laat vaar het nie, sou hulle God nie die geleentheid gegee het om hulle te lei deur die Rooisee nie. Dit mag dalk ongemaklik voel om dinge te laat gaan, en dit mag dalk nie sin maak op daardie oomblik nie, maar God weet beter as ons. 



"My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;" Jesaja 55:8.



Wanneer ons 'n pynlike situasie ervaar, mag ons nie verstaan hoekom nie, maar ons kan vertrou dat God weet wat Hy doen. Alhoewel ons dalk nie die geleentheid gaan hê om sy goeie bedoeling aan hierdie kant van die ewigheid te sien nie, weet ons dat alle dinge uitwerk volgens sy wil. 



Bid:




  • Vertel God dat jy alle beheer oor jou situasie laat gaan. 

  • Vra dat sy wil elke aspek van jou lewe sal bestuur. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid