Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 6 VAN 7

Vergewe Diegene Wat Jou Seermaak



"Sorg dat niemand van die genade van God afvallig word nie. Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie" Hebreërs 12:15.



Verbeel jou dat jy 'n pragtige tuin, met blomme en bome geplant het. Een dag, terwyl jy na jou plante omsien, vind jy die uitloop van 'n parasitiese onkruid in die middel van jou tuin. As 'n tuinier, weet jy dat indien jy dit nie dadelik uittrek voordat die wortel dieper groei nie sal die wortels die ander plante oorneem en dit vernietig. 



Die "wortel van bitterheid" werk op dieselfde manier — wanneer ons bitterheid teenoor 'n ander persoon of situasie in ons hart los, kan dit die vreugdevolle dele van ons lewens oorneem. 



Om aan bitterheid vas te hou verbeter nie die situasie nie — dit bring ook nie geregtigheid of wraak nie. Ons het nodig om bitterheid vroegtydig uit te haal voordat dit ons en ander seermaak. Dit is waar vergifnis inkom. Om ander te vergewe beteken nie dat wat hulle teenoor ons gedoen het reg is nie, maar dit maak ons vry van bitterheid wat ons net meer sal seermaak. Die mense wat die swaarste kry gedurende onvergewensgesindheid is onsself. 



Hoekom moet ons vergewe? 



“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie" Matteus 6:14-15.



Ons vergewe omdat Jesus gekies het om ons te vergewe toe ons dit nie verdien het nie. Indien ons die lewe van Jesus elke dag wil reflekteer, sal ons bereid moet wees om ander te vergewe wanneer hulle dit nie verdien nie. 



Hoe vergewe ons ander?



Vergifnis gebeur nie onmiddellik nie — dit is 'n proses en 'n daaglikse keuse. Ware vergifnis gebeur wanneer ons saam met God werk deur Hom te vra om ons te help om ander te vergewe soos Hy ons vergewe. 



Dit kom alles daarop neer dat dit 'n daad van herhaling is. Ons is menslik en ons val maklik terug na bitterheid toe, ons het nodig om gereeld terug te gaan na God toe en Hom te vra om ons te help met vergifnis.



Ongelukkig, sal ons nie vergifnis voel die eerste keer wat ons sê ons het die persoon vergewe nie — dit is omdat vergifnis 'n vennootskap is met God. Indien ons daartoe verbind is om dit te dink en te sê, sal God ons verpligting eer en ons help om waarlik te vergewe. 



Vergifnis is nie …



Vergifnis is nie 'n gebrek aan grense nie. Jy kan iemand vergewe en nie aangaan met die vriendskap nie, uitgaan met hulle of vir hulle werk nie, ens. 



Vergifnis is nie swakheid nie. Eintlik, om ander te vergewe beteken dat jy sterk is! Jy is bereid om die verlede en jou pyn te laat gaan, jy kies om jou hart te fokus op groter dinge.



Vergifnis is nie maklik nie, maar dit is noodsaaklik om 'n gebroke hart heel te maak.



Bid:




  • Vra God om jou te help om na vergifnis te streef. 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid