Leesplan inligting

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se ManierVoorbeeld

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

DAG 1 VAN 7

Laat Toe Dat God Jou Rigting Verander



Toe Josef opgedaag het, het sy broers die pragtige kleed wat hy aangehad het geskeur. Hulle het hom gegryp en in die put gegooi Genesis 37:23-24.



Stel jou voor hoe dit sou wees indien jy jou hart deel met iemand vir wie jy omgee. Dan, op 'n dag wanneer jy uitgaan om tyd saam met hulle deur te bring, doen hulle die ondenkbare — hulle maak jou seer. In 'n oomblik, verander hierdie verraad jou gevoel van veiligheid, geliefdheid en bekendheid skielik na kwesbaar, ongewens en alleenheid. Dit is presies wat met Josef gebeur het. 



Die harde waarheid is — die Bybel sê nie dat Josef enige iets verkeerd gedoen het nie. Hy is in 'n put gegooi omdat sy broers kwaad en jaloers was. 



Sy verhaal eindig nie daar nie. 



"was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind ... " Genesis 39:21.



God het Josef nooit verlaat nie, ons sien uiteindelik dat God sy moeilike verlede gebruik het en iets goeds daaruit voortgebring het.   



Op dieselfde manier, wanneer ons hartseer en verwerping ervaar, is dit dikwels onverdiend. Net soos Josef, mag ons dit ook nie sien kom het nie. Dan — skielik — is ons op die laagste punt van ons lewens en ervaar gevoelens van seer, kwesbaarheid en alleen wees. 



Alhoewel, soos Josef is ons verhaal nie verby nie. 



God het later 'n geleentheid vir Josef voorsien om die mense te lei wat hom tot slaaf gemaak het, en hy het duisende mense se lewens gered in die proses — insluitende sy broers. Elke moeilike ervaring van sy verlede het hom voorberei vir hierdie doel want God was altyd met hom.



Die goeie nuus is — dieselfde God wat by Josef gebly het is ook met ons. 



Soms kan God se rigtingsverandering vir ons pyn bring. Dit beteken  nie dat Hy wil hê ons moet seer en verwerping ervaar nie maar hierdie dinge kan newe-effekte wees van die wêreld waarin ons lewe, wat probeer om ons van God af weg te trek en nie nader aan Hom te bring nie.  



Net soos Josef, kan verwerping lei tot God se rigtingsverandering. Wanneer ons ons liefdevolle Vader toelaat om ons rigting te verander, mag ons dalk eendag terug kyk en al die goedheid sien wat God gebring het vanaf die verwerping wat ons ervaar het. 



Vandag mag jy dalk verwerp of hartseer voel, maar wanneer jy  verkies om jou Hemelse Vader te soek, kan Hy hierdie tydperk gebruik as 'n geleentheid om jou nader aan sy planne en voornemens te trek. 



Bid: 


  • Dankie Vader dat ek by U kan wees gedurende hierdie tydperk.  

  • Vra Hom om goedheid te bring van die verwerping en hartseer wat jy ervaar het. 





Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Near to the Brokenhearted: How to Heal From Heartbreak God’s Way

Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid