Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 1 VAN 14

Die Vreugde van Ontslae te Wees

Ek onthou die dag toe ek begin het met my reis na minimalisme: Nuwejaarsdag 2008. Ek was besig om my motorhuis skoon te maak toe 'n buurman vir my sê: "Jy weet, jy hoef nie al daardie goed te besit nie." Op daardie oomblik, toe ek na die hoop goed in my oprit kyk en my vyf-jarige seuntjie opmerk wat alleen in die agterplaas speel, het ek besef: My besittings bring nie net geensins geluk in my lewe nie, maar dit trek eintlik my aandag af van die dinge wat dit wel doen! Op daardie dag het ek en my vrou 'n reis begin van 'n vereenvoudigde lewe wat vir ons groter vreugde bring as wat ons ooit verwag het.


As jy soos baie mense is, mag die woord minimalisme dalk prentjies oproep van kaal, wit mure of van iemand wat op die vloer sit omdat hulle nie meubels het nie. Dit mag dalk vir jou lyk na 'n oefening in selfontneming eenvoudig ter wille van selfontneming. Laat ek jou vertel ... dit is ver van die waarheid af! Vir my is minimalisme presies die teenoorgestelde. Dit spreek van vryheid, van vrede en van vreugde.


Dit gaan oor ruimte wat oopgemaak is om spasie te maak vir nuwe moontlikhede. Die "vreugde van ontslae te wees" lê daarin dat dit die struikelblokke uit die weg ruim wat lê tussen die lewe wat óns wil lewe en die lewe wat God vir ons in gedagte het. Om die waarheid te sê stel ek nie so belang in minimalisme op sigself nie, ek stel eerder daarin belang om mense te help om op die vlak van besittings te kom wat hulle in staat sal stel om die lewe te leef wat hulle bedoel is om te leef.


Vir dié van ons wat lewe in die meer ontwikkelde nasies van die wêreld, beteken dit omtrent 98 persent van die tyd dat ons ons besittings moet minder maak en nie méér nie. Met hierdie as agtergrond, hier is my definisie: Minimalisme is die doelbewuste bevordering van die dinge waaraan ons die meeste waarde heg en die verwydering van enigiets wat ons aandag daarvan aflei. Die aanloklikheid van minimalisme is nie in dit wat dit wegvat nie. Die aanloklikheid en die volle potensiaal van minimalisme lê in dit wat dit gee. Die voordeel is nie net 'n skoon huis nie — dis 'n meer betekenisvolle lewe. Op watter praktiese maniere mag jou lewe dalk verbeter as jy minder besittings het?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid