Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 5 VAN 14

Verby Voorkeur na Doel

Dit is heeltemal aanvaarbaar — en selfs wenslik — vir jou om jou eie individuele pad te vind na 'n minimalistiese leefstyl. Dit beteken nie dat jy nie groot veranderinge in jou lewe gaan maak nie. Heel moontlik moet jy van 'n klomp goed ontslae raak om jouself vry te maak. Verwag 'n groot opskudding in die nabye toekoms. Dit gaan egter die presiese tipe opskudding wees wat jý nodig het, niemand anders nie. En jy gaan bly wees wanneer jy dit doen. 


Dit is nie net dat jy vry is om jou persoonlike benadering tot minimalisme te vorm gebaseer op jou eie voorkeure nie. Wat nog meer belangrik is, is dat jy die vryheid het om jou minimalisme te vorm sodat dit by jou doelwitte inpas. Identifiseer die lewe wat jy wil lei na die beste van jou vermoë en jaag dan die tipe minimalisme na wat jou daar sal kry. 


Ek moedig jou aan om neer te skryf waarom jy wil minimaliseer. Die moontlikhede is eindeloos — en sal heeltemal uniek wees aan jou, jou doel, en jou waardes. 


Ek sê nie dat jy elke laaste besonderhede van jou doelwitte nou uitgesorteer moet hê nie. Maar in soverre as wat jy nou weet, definieer jou redes hoekom jy wil ontslae raak van goed, en hou hierdie redes in gedagte. Hier is 'n paar voorbeelde: 
• Ek wil uit die skuld kom en begin geld spaar. 
• Ek wil 'n program hê wat minder besig is. 
• Ek wil beskikbaar wees om my ouers te help soos hulle ouer word. 
• Ek wil vir 'n jaar vrywilliger in Haiti wees.
• Ek wil vry wees om my kind se sportspan af te rig. 
• Ek wil aande saam met my gesin deurbring in plaas daarvan om die huis aan die kant te maak. 
• Ek wil mense kan oornooi sonder om bekommerd te wees oor hoe deurmekaar my huis is. 


Voor enige van ons ons huise en lewens kan minimaliseer, moet ons oortuig wees dat die leefstyl wat ons najaag, die moeite werd is. Jou stelling van jou doelwitte vir vereenvoudiging sal jou herinner aan wat jy wil haal uit die proses wat jy begin. 


Jy het drome, jy het passies oor die dinge wat jy wil doen, en jy is bekommerd oor die potensiaal wat jou toekoms inhou. Dit is hoekom dit so belangrik is vir jou om minder te besit. Dit help jou om dit te doen waarvoor jy geskape en geroepe is. 


Maak 'n lys van redes hoekom jy van goed wil ontslae raak. Wat is die groter doel wat jy in gedagte het?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid