Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 9 VAN 14

Om Ware Sekuriteit Te Vind

Toe ek en my vrou begin het om te minimaliseer en ek gesien het hoeveel oortollige goed ons het, het ek myself 'n paar moeilike vrae begin vra: Hoekom het ons al hierdie onnodige goed in die eerste plek gekoop? Wat het ons gedink? Die antwoorde was selfs nog moeiliker: Dalk is ek meer lief vir goed as wat ek besef het. Dalk is ek meer vatbaar vir die wêreld se boodskappe as wat ek gedink het. Dalk probeer ek sekuriteit vind in die dinge wat ek besit.


Dit was moeilik om hierdie dinge oor myself te ontdek, maar op die ou einde het hierdie gewaarwordinge my lewe verander. En ek sou dit nooit ontdek het as ek nie begin het om my goed weg te gee nie.


Minimalisme is belangrik vir jou self-ontdekking. Namate jy begin om skoon te maak, vra jouself: koop ek te veel goed omdat ek in my diepste wese dink dat dit my veilig sal hou? En indien wel, wat kos dit my? 


In ons samelewing glo te veel van ons dat sekuriteit daarin gevind kan word om dinge te besit. In der waarheid is die lys van besittings wat ons werklik nodig het nogal kort en meeste van ons het alreeds daardie dinge.

Baie van ons maak hope besittings bymekaar in die naam van sekuriteit wanneer ons eintlik besig is om gemak (of 'n verlange na plesier) bymekaar te maak. Ons werk lang ure om hierdie dinge te koop. En ons koop groter en groter huise om dit in te bêre. As dit verg dat ons moet inboet in ander areas van ons lewe, soos ons gesin en vriendskappe, dan is dit maar hoe dit is. 


Tog kan blywende sekuriteit nie gevind word in tydelike besittings of selfs groter salarisse nie. Die gebeurlikhede van die lewe is te veel en die krag van besittings om ons te beskerm is te swak. Dit is hoekom ons altyd meer begeer. Ons arriveer nooit by 'n volle gevoel van sekuriteit nie. 


As jy besluit dat een van jou motiewe vir te veel goed bymekaar maak is omdat jy probeer om 'n gevoel van sekuriteit te vind in jou besittings, dan raai ek jou aan om minder te koop en te besit en in plaas daarvan meer moeite met jou verhoudings te doen. Ryk verhoudings bring nie net vir jou vreugde nie; hulle bring ook ware sekuriteit. Terselfdertyd sal jy ook bydra tot ander se sin van sekuriteit en bevrediging — soveel meer produktief as om jou eie privaat vesting van rykdom te bou! 


Op watter maniere verwag jy sekuriteit van jou besittings?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid