Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 3 VAN 14

'n Bevredigende Lewe

Op 'n tydstip, vroeg in Jesus se jare as leermeester, het 'n jongman Hom genader met 'n gewigtige vraag: "Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?" (Lukas 18:18). 


Jesus se antwoord het as 'n skok en 'n verrassing vir almal gekom. Hy het gesê: "Gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My" (vers 22). 


'n Geestelike ingesteldheid het my strewe en definisie van minimalisme gevorm. Minimalisme het egter ook nuwe lig vir my gewerp op belangrike geestelike leëringe waarmee ek al vir jare vertroud is. Die bogenoemde een in besonder. 


Jy sien, ek het gelees wat Jesus hier sê oor jou besittings en geld weggee, en dan het ek gedink dat dit klink na 'n resep vir 'n ellendige lewe. Kan dit werklik wees wat Hy bedoel het? In 'n wêreld wat dikwels geluk definieer in terme van die hoeveelheid goed wat ons kan opgaar, maak Jesus se instruksie glad nie sin nie. Op goeie dae sal ek hierdie regverdiging byvoeg: dalk, as ek my goed vandag hier op aarde opoffer, sal ek my beloning kry wanneer ek in die hemel kom. Dit moet die kompromie wees wat Jesus in gedagte gehad het. 


Hierdie denkwyse is egter nie in lyn met die ander dinge wat Jesus gesê het nie. Jesus se leerstellings was altyd daarop gemik om die meeste uit elke dag van ons lewens te kry, op aarde sowel as in die ewigheid. 


Namate ek en my gesin begin het om ons besittings te verminder en die voordele te ervaar, het Jesus se woorde aan die ryk jongman vir my nuwe sin begin maak. Jesus het eintlik gesê: "Verkoop jou besittings en gee aan die armes, want jou besittings is 'n onnodige las vir jou! Hulle weerhou jou van daardie ewige, oorvloedige lewe waaroor jy my uitvra. Jou besittings weerhou jou daarvan om alles te word wat jy bestem is om te word." 


Jesus se instruksie was eerder 'n eenvoudige stelling van die waarheid as 'n toets van die man se geloof of 'n roeping tot bomenslike opoffering. Dit was 'n uitnodiging tot 'n beter manier van lewe. Die man se besittings het hom daarvan weerhou om die ryk en bevredigende lewe te leef wat Jesus kom aanbied het! Kan dit dalk van jou ook waar wees?


Op watter maniere weerhou jou besittings jou daarvan om die lewe in oorvloed te geniet? Dink net oor die afgelope naweek. Hoe het die organisering van goed, die regmaak van goed, die koop van goed, die feit dat jy nie geld gehad het om die goed te koop wat jy nodig het nie, jou geaffekteer?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid