Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 8 VAN 14

Wees Verheug oor Alles Wat Jy Nie Nodig Het Nie

Wees bewus daarvan dat ons kultuur téén jou begeerte werk om jou lewe te vereenvoudig. Om goed te koop was nog nooit makliker nie — dit is so maklik soos om 'n knoppie te druk. En met al hoe meer geleenthede om persoonlike data in te samel, raak besighede al hoe meer effektief daarmee om te weet hoe om ons swakhede uit te buit.


Die samelewing kaap ons passie en rig dit na materiële dinge. Niemand kom egter aan die einde van sy lewe en wens hulle het meer goed gekoop nie. Hoekom is dit? Want verbruik kom nooit werklik sy beloftes van vervulling of geluk na nie. In plaas daarvan steel dit ons vryheid en lei dit tot 'n onblusbare begeerte vir meer. Dit bring laste en berou. Dit lei ons aandag af van die dinge wat wel vir ons geluk bring. 


Om verbruikerswese teen te staan, gaan natuurlik nie op sigself vir ons geluk bring nie. Wat belangrik is, is wat ons doen met die vryheid wat minimalisme vir ons skep. Ons moet egter êrens begin. Ons moet besef dat dié wat in oorvloed lewe nie noodwendig dié is wat die mees vervulde lewens het nie. Dikwels is dit die wat stil, beskeie en tevrede is met 'n eenvoudige lewe wat die gelukkigste is. Dit is die keuses wat ons moet vier en die lewe wat ons moet navolg. Tog is hierdie definisie van sukses vir die meeste van ons vreemd. 


Bewonder sukses. Moet egter nie oorvloed vier nie. Om te leer wat die verskil is, sal jou lewe verander. Om bewus te word van die strategieë wat geimplementeer word met die enigste doel om jou te oortuig om meer te koop as wat jy nodig het, sal dieselfde doen. 


Hierdie is die belofte van minimalisme: om ons te verheug by aanskoue van al die dinge wat ons nie nodig het nie. En om ons lewens uiteindelik vry te hê om die dinge na te streef wat ons graag wil doen. Ek wil hê jy moet dieselfde vreugde hê, om dieselfde bevryding te ervaar. 


Om hierdie bevryding te bereik gaan van elkeen van ons vereis om die verbruiker-gesentreerde gemeenskap waarin ons lewe te herken en teen te staan. Dit sal ook van ons vereis om na binne te kyk, om die kwesbaarhede te identifiseer in ons eie natuur. Dit is egter alles die moeite werd.


Hoe sal jy sê beinvloed die verbruikerswese jou op 'n dag-tot-dag basis? Wat is die mees effektiewe manier wat jy gevind het om die verbruikerswese op die internet, in die winkels en in gesprekke teen te staan?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid