Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 14 VAN 14

Kies die Beter Lewe

Jesus het vir sy volgelinge 'n verhaal vertel oor die koninkryk van die hemel: "Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel" (Matteus 13:45-46).


Jesus het die aandag gevestig op die koninkryk van God, en Hy het sy volgelinge aangespoor om alles prys te gee in die najaag daarvan. Ons kan egter ook vanuit die aksies van die handelaar iets leer van die wysheid van minimalisme. 


Minimalisme is die proses van die "verkoop" van ons huidige besittings en die "pêrel" is watter doel dit ook al mag wees wat minimalisme ons toelaat om na te streef. Onder die leiding van God kan jy jou eie, spesifieke pêrel definieer. Wat die pêrel egter ook al vir jou mag wees, neem 'n wenk by die handelaar. Neem aksie. Doen enigiets wat dit vra om die pêrel te bekom. Moenie toelaat dat enige verskonings jou weerhou van die beter lewe wat beskikbaar is vir dié wat kies om met minder te lewe nie. 


Ek dink dit is veilig om te aanvaar dat hierdie handelaar baie goed besit het voordat hy op die besonderse pêrel afgekom het. Toe hy egter iets kry wat meer waardevol is — die pêrel — was hierdie handelaar wys genoeg om te besef dat sy huidige besittings glad nie daarby kon kers vashou nie. 


Daar is sommige doelwitte wat die moeite werd is om alles voor op te offer. 


Hierdie beginsel lê eintlik die fondament van minimalisme. Daar is meer waardevolle dinge vir ons om na te jaag as die versameling van materiële besittings. Wanneer ons begin om hierdie geleenthede te herken, voel dit nie soos 'n opoffering om elke afleiding te verwyder wat ons daarvan weerhou nie. Dit voel soos die mees wyse besluit wat ons vir ons lewens kon neem.


Dit is die meer van minder. Ons bydrae tot hierdie wêreld kan gemeet word deur iets meer betekenisvol as die grootte van ons huis, die kar wat ons ry, of die ontwerpersetiket op ons denims. Ons lewens gaan 'n blywende betekenis hê as gevolg van hoe ons kies om te lewe. 


Droom groot drome vir die een lewe wat God jou gegee het. Word dan wakker en leef dit. 


Wat het jy geleer van jouself deur hierdie leesplan? Watter beginsel van minimalisme het die grootste impak op jou gehad? 


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid