Leesplan inligting

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer VreugdeVoorbeeld

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

DAG 2 VAN 14

Minder Is Nie Dieselfde as Niks nie

Minimalisme gaan daaroor om met minder te lewe, en soos ek altyd sê, minder is nie dieselfde as niks nie. My gesin wil graag 'n minimalistiese lewe leef maar terselfdertyd is ons nog steeds lewende, asemhalende mense. Ons het nog steeds besittings, maar ons het hard gewerk daaraan om die oormatige bymekaarmaak van besittings te ontvlug.


Ek praat partykeer van "rasionele minimalisme" of "strategiese minimalisme" om te verduidelik wat ek bedoel. Ek bepleit nie dat jy moet ontslae raak van alles wat menslik moontlik is nie. In plaas daarvan, moedig ek mense aan om ontslae te raak van dit wat hulle nie nodig het nie, sodat hulle hul lewensdoelwitte beter kan nastreef. Byvoorbeeld: ek is passievol oor my siel, oor my gesin en om ander lief te hê en te bemoedig. Minimalisme is 'n middel tot hierdie doelwitte vir my. Dit verwyder fisieke afleidings sodat ek my grootste prioriteite kan laat waar word. 


Jy kan dieselfde beleef as jy kies om die pad van minimalisme te stap. Lewe met dié besittings wat vir jou die lewe gee wat jy wil hê. 


Hou in gedagte dat om te organiseer nie dieselfde is as om te minimaliseer nie. Organisering het sy plek, maar om ons goed te organiseer sonder om ontslae te raak van die oortollige goed, is net 'n tydelike oplossing. Organisering is op sigself net herrangskikking. Dit bevoordeel niemand anders nie — die besittings wat ons amper nooit gebruik nie, lê nog steeds rond in die motorhuis of kelder, selfs al kan ander mense dit gebruik. Dit spreek ook nooit die onderliggende kwessie aan nie — dat ons te veel koop. Die herrangskikking van ons goed kos ons in der waarheid dikwels nog meer, want ons koop meer houers, stooreenhede of groter huise om alles in te hou. 


As jy mooi daaroor dink, gaan die organisering van ons goed in bokse, plastiek houers of ekstra kaste eintlik daaroor om vas te klou aan ons oortollige goed. Dit stuit selde ons kultuur-gedrewe neiging om geluk te vind in besittings. Ons mag dalk ons besittings herrangskik het, maar nie ons lewens nie. 


In teenstelling daarmee sal die verwydering van besittings vanuit ons huise ook ons harte verander. Dit is 'n permanente oplossing, eerder as 'n tydelike een. As ons eers 'n item verwyder het, is dit vir altyd weg. Wanneer ons ontslae raak van wat ons nie nodig het nie, bereik ons die ideale hoeveelheid besittings vir ons, wat dit ook al mag wees.


Hoe dink jy het jou wanopvattings van minimalisme jou daarvan weerhou om jou lewe te vereenvoudig?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The More of Less: A Guide to Less Stuff and More Joy

Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie ...

More

Baie dankie aan Joshua Becker en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://bit.ly/1TMUKLi

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid