Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 1 VAN 21

Koester Sy Genade


Genade. Dit loop die gevaar om afgeleef te klink en betekenis te verloor omdat mense so dikwels daarvan praat. Wees genadig. Betoon genade. Genade vir jou. Wees die verpersoonliking van genade. Wat weet ons egter regtig van genade in ons hedendaagse lewe?


Genade is vrylik beskikbaar; dis die onverdiende guns van God.


Dink 'n bietjie daaroor na.


God gee genade vrylik. Was dit egter verniet? Het dit God nie geverg om sy Seun aan die kruis te verloor namens ons nie? Dis verniet omdat ons wat God se genade ontvang het nie daarvoor hoef te betaal nie. Dis hoekom dit beskryf word as God se onverdiende genade aan ons. Ons verdien dalk nie genade nie, maar God kies om sy genade oor ons uit te stort. As God dit vir ons kan doen, hoekom is ons dan so weerstandig om dit op elke terrein van ons lewens te ontvang en onwillig om genade aan ander te betoon? Soos ek vir my dogter, wat net soos ek ook daarmee sukkel om genade te betoon teenoor mense wat haar aanstoot gegee het, gesê het: "Wees vriendeliker en meer genadig as wat hulle verdien." Is dit nie ook hoe God teenoor ons optree nie?


So vriend, as ek jou vriend kan noem op hierdie reis saam, nooi ek jou uit om jou te verbeel hoe God se wonderlike en ryke genade jou omvou. Dis nie net na aan jou nie, dit raak aan jou. Dis nie net effens buite bereik nie, dit vloei deur jou hele lewe.


Dit maak geen verskil wie jy is, waar jy is of wat jy ondervind nie; God se genade word ontplooi.


Daar is geen omstandigheid waar sy genade nie teenwoordig kan wees nie. Daar is geen verhouding wat nie deur sy genade aangeraak kan word nie. Daar is geen omstandigheid waarvan sy genade jou nie kan vrymaak nie.


Op hierdie reis van ware lewensverandering is sy genade elke nuwe dag vir jou beskikbaar.


 


Word herskep


1. Vra God om vir jou geestelike oë te gee wat kan sien hoe sy genade ontplooi.


2. Wanneer jy daardie genade sien, raak 'n oomblik rustig om God te prys en dit ten volle te ontvang.


3. Hoe kan jy vandag 'n draer van God se genade in iemand se lewe wees?


 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid