Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 6 VAN 21

FASE 2: BEPAAL DIE WAARDE


Word Nuut


Ek was die persoon wat baie gou raakgesien het as iets "oud" is sodat ek 'n rede gehad het om 'n nuwer weergawe daarvan te koop. Byvoorbeeld: die ratte van my fiets het eenkeer nie reg gewerk nie. Ek was gereed om daarvan ontslae te raak en 'n nuwe fiets te koop. My man het egter tussenbeide getree en bewys dat die ratte reggemaak kon word. Dis die geval vir elke toestel in ons huis en elke tweedehandse item. Dis wonderlik hoe 'n bietjie liefde en harde werk 'n "weggooi" ding in iets moois kan omskep. God se ekonomie werk ook so.


God neem die ou, stukkende, nikswerd items en herskep hulle in 'n wonderlike vertoning van sy uitspattige liefde. Sy harde werk is net wonderlik. Hy neem iets wat oud is en maak dit splinternuut.


Hy gooi nie die ou model weg en maak 'n nuwe een nie.


Hy gebruik wat alreeds daar is, want dit is mos sy ontwerp.


Hy neem dit net soos dit is — ja, Hy neem ons — en vul dit met die volheid van Jesus Christus. Vriend, God maak ons nuut as ons ons geloof in Jesus as ons Here en Verlosser plaas. Hy neem ons ou lewens en red dit, en maak iets moois en nuut.


Hy vervang nie die oue nie; Hy herskep dit. Herbou dit. Werk dit weer mooi af.


So, wat moet jy doen om vandag die manier waarop God jou herskep te aanvaar?


Word herskep


1. Van watter gewoontes of denkwyses moet jy ontslae raak?


2. Van watter dinge in die verlede kan God jou verlos?


3. Wat sal dit vir jou behels, gesien vanuit 'n geestelike perspektief, om God in die herskeppingsproses in te nooi?


 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid