Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 3 VAN 21

Van Harte


Werk. Werk. Werk. Sommige mense is gaande daaroor. Sommige haat dit. En sommige sal bly wees om dit te doen, solank hulle voel dis nie iets wat hulle hoef te doen nie. 'n Voorbeeld hiervan is my middelste dogter. Toe sy maar net 12 jaar oud was het sy, onder my toesig, die geleentheid gekry om in beheer te wees van die Sondagskool vir die fakulteit se kinders. Sy het geblom in daardie verantwoordelikheid al is sy nie daarvoor betaal nie. Sy het nooit gekla nie en aan elke detail aandag gegee.


Vergelyk daardie werk met haar volgende werk in 'n koffiewinkel waar sy goed betaal is om skottelgoed te was en vloere te mop vir 'n wonderlike werkgewer. Kom ons sê maar daardie werk was nie so aanskoulik nie, al was die omgewing en haar medewerkers baie goed. Vir haar was die skottelgoedwassery 'n meer doelgerigte poging om vir die Here te werk, nie omdat dit sendinggerig was nie, maar eerder omdat dit nie die belonings gehad het wat sy in die Sondagskool ervaar het nie. Daardie kinders het haar uitermate liefgehad terwyl die skottelgoed nooit vir haar dankie gesê het nie.


Laat ek jou nou vra: werk jy vir 'n aardse of 'n hemelse beloning? Smag jy na waardering van mense of van God? Sal jy eerder 'n werk doen wat jou siel versadig maar nie jou bankbalans laat groei nie?


Ongeag van wat jy "werk" noem, wil die Here hê dat jy dit van harte sal doen. Hoe kan jy dus vandag jou verantwoordelikhede vanuit die perspektief beskou dat jy net vir die Here werk?


 


Word herskep


1. Watter werk het God vandag vir jou?


2. Hoe kan jy dit van harte doen?


3. Op watter maniere het jy gewerk om prys, 'n dankie, of geld te ontvang, eerder as om vir die Here te werk en hoe kan jy daardie gedrag verander?


 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid