Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 21 VAN 21

FASE 5: 'N ENERGIEKE NUWE VISIE


Beur Voort


Ek is eenvoudig nie 'n drawwer nie. Ek sidder as ek daaraan dink om meer as 50 treë te hardloop. 'n Leeftyd van kniebeserings en rugprobleme verhoed my om enige impaksport te doen.


Ek kan myself egter deur die lewe sien hardloop soos Eric Liddell en sy spanmaats in Chariots of Fire. Hulle voete beweeg saam met die musiek oor die sand, seewater spat, en dit inspireer my om op te staan en te probeer saam hardloop. Ag, hoe opwindend moet dit wees om jou liggaam met soveel passie en krag te beweeg.


Met daardie denkbeeldige adrenalieninspuiting, wonder ek of ons van ons atletiese vermoë (of die gebrek daaraan) kan vergeet en die geloofsreis oorweeg wat voor ons lê? Hoe sou dit wees as ons die geestelike wedloop met ewe veel ywer aanpak? Hoe sou dit wees as ons die dinge van Christus met sulke passie nastreef? Hoe sou dit wees om voort te beur na die eindstreep van ons lewe, toegewyd om ons geloof op dieselfde manier te bou as wat atlete hulle liggame sterk maak? Watter soort kondisionering sou ons moet verduur? Watter soort sorg moet ons aan ons siele gee? Watter geestelike voeding moet ons vir ons liggame gee?


My vriend, dis tyd dat ons met hernude passie en doelgerigtheid voortbeur na die eindstreep. God het vir ons 'n wedloop gegee om te hardloop. Kom ons hardloop goed, ter wille van die volgende geslag en ter ere van God.


 


Word herskep


1. Hoe kan jy jou denke, liggaam en siel voorberei vir hierdie geloofsreis?


2. Wat wil jy hê moet God vir jou sê wanneer jy die eindstreep bereik?


3. Wat wil jy hê moet ander mense sê oor hoe jy gehardloop het, wanneer die wedloop verby is?


 


Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid