Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 2 VAN 21

Koester Elke Geleentheid


Is jou dagboek vol afsprake? Sou jou eerder graag in die bed wou bly om die afsprake of mense te vermy? Dalk wens jy jy het 'n paar afsprake om na te kom, eerder as om die hele dag by die huis te bly om na kinders om te sien of bedlêend te wees.


Vriend, dit maak nie saak hoe jou dag lyk nie, of watter verantwoordelikhede jy moet nakom nie, daar is vandag 'n doel vir jou lewe. Jy is nie per ongeluk op aarde nie. Jou lewe is nie van nul en gener waarde nie. God se uitnodiging is vir jou, sal jy dus "ja" sê vir elke geleentheid en vandag sy medewerker wees?


Of jy nou besig is met netelige take of 'n spertyd in die gesig staar, 'n chroniese siekte het of kinders heen en weer moet ry, net kan bid of fisieke handewerk moet doen, God nooi jou uit om elke geleentheid aan te gryp en doelbewus jou tyd na die beste van jou vermoë te gebruik.


Met ander woorde, Hy roep jou en my om so te lewe dat ons hierdie oomblik as 'n geskenk van Hom sien en kies om dit goed te gebruik — dit beteken dat ons doel nie is om beter as iemand anders te wees nie, maar om ons bes te doen met ons vaardighede in die lig van ons omstandighede.


So vriend, wat behels dit om die beste te maak van hierdie dag wat God vir jou gegee het?


 


Word herskep


1. Watter geleenthede het jy vandag?


2. Hoe kan jy daardie geleenthede en dié waarvan jy nie eens bewus is nie, op so 'n manier aanpak dat jy God in sy werk help?


3. Vir watter verantwoordelikhede sien jy nie kans nie en hoe sou dit wees om dit vir God te gee?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid