Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 4 VAN 21

'n Lewende Brief


Lank voor e-posse die algemene vorm van kommunikasie geword het, was ek 'n briefskrywer. Ek het briewe geskryf om in kontak te bly met ander en ook om uitdrukking aan myself te gee, veral teenoor my ouers nadat ons in 'n argument betrokke was.


Ek het daardie halfklaar sinne wat ek in woede geuiter het op papier neergeskryf in die hoop dat my ma en pa uiteindelik my kant sou insien en gunstig daarop reageer. Alhoewel dit 'n ervaring was wat vir my verligting gebring het, het dit nie altyd gelei tot die uitkoms waarop ek gehoop het nie, want wat ek gevoel het was nie altyd op die waarheid gebaseer of werd om aan aandag te gee nie. My briewe was niks meer as 'n tiener wat uiting gee aan sy hart se gevoelens nie, met die bybedoeling om sy sin te kry.


Ek is baie bly dat God nie briewe op dieselfde manier as ek skryf nie. Sy motief is altyd rein, so wanneer Hy sê dat Hy 'n brief op ons harte skryf, is sy doel in lyn met 'n koninkryk se agenda.


God kies om ons lewens te gebruik om die verhaal van sy oorvloedige genade en onuitputlike liefde te vertel. Ons is 'n liefdesbrief aan 'n wêreld wat seerkry. Hy weet hulle sal ons lees op 'n manier wat hulle nooit die Bybel sal lees nie. Die vraag is egter of ons onsself sal onderwerp aan wat Hy skryf? Sal jy jouself aan sy verhaal oorgee? Sal ons op so 'n manier leef dat ons deel word van God se verhaal, sodat sy boodskap uit ons hart na ander kan oorvloei?


 


Word herskep


1. Wat sal ander oor God te sê hê as hulle tussen die lyne van jou verhaal lees?


2. As jy vir God die regte tot jou verhaal sou gee, wat sou jy wou hê Hy daarmee moet doen?


Hoe sou dit wees as jy alles wat in jou hart is vir God gee sodat Hy dit in 'n boodskap kan verander wat Hom vereer?


 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid