Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 9 VAN 21

Wonderbaarlik Geskep


Sy het “ta-da!” uitgeroep toe sy na die middel van die kamer spring met die ongebreidelde uitbundigheid van 'n vierjarige in 'n balletrompie. Dit was die aand van haar dansoptrede, 'n langverwagte gebeurtenis vir 'n persoon wat nie regtig tyd begryp nie. Sy het van oor-tot-oor geglimlag van vreugde en haar oë het gesprankel terwyl sy dagdroom oor hoe haar steeds ontwikkelende pirouette applous van haar gesin sou ontlok. En applous wat sy van ander ook sou kry. Wie sou nie hande klap vir die pragtige danspoging van 'n beginner nie?


O, die kosbaarheid daarvan om 'n klein dogtertjie te wees. Dis 'n gewyde oomblik wanneer jy vreugde ervaar as jy doen waarvan jy hou, ongeag die uitkoms. Hoe vinnig verdwyn dit met ouderdom. Te vinnig sal haar dansplesier vervang word met 'n kompetisie om die beste te wees. Dit sal nie meer genoeg wees om net "pret" te hê nie; sy moet eerder nommer een word.


Ek wonder; is dit wat gebeur as ons kyk na hoe God ons gemaak het?


Begin ons deur te glo dat ons wonderbaarlik deur die God van die heelal geskep is, sonder om besorg te wees oor die manier waarop sy wonderlikheid in al die ander se lewens getoon word? Ek is seker dat die sielkundiges 'n ontwikkelingsmylpaal sal kan aanwys wat veroorsaak dat ons nie meer blindelings na God se ontwerp kyk en skielik uitvind dat ons die Skepper se werk op 'n manier beskou wat nooit bedoel was nie.


Wat sou gebeur as ons sou ophou om vergelykings te tref en eerder na die middel van die vertrek spring en met 'n groot gebaar uitroep: “ta-da!” en God se fantastiese kreatiwiteit uitwys? Ag, miskien lyk dit te aanmatigend, te onvolwasse, met gebrek aan etiket. Wel, miskien. Maar ek dink dat God na ons kyk en opgewonde is as ons uiteindelik ons "ta-da" met waardering vir sy wonderbaarlike skepping aanvaar, op dieselfde manier as wat ons met toegeneentheid na 'n vierjarige in 'n balletrompie kyk en uitbundig hande klap.


Word herskep


1. Waar in jou lewe sien jy dat God jou "op 'n wonderbaarlike wyse geskep" het?


2. Hoe sou dit wees om in daardie waarheid te leef?


3. Hoe kan jy vandag aan iemand anders uitwys dat hy of sy "op 'n wonderbaarlike wyse geskep" is?


 


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid