Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 7 VAN 7

Stap Sewe

Verwag wonderwerke.


Om te verwag dat iets goed gaan gebeur is 'n keuse. Dit is 'n geloofsdaad. 'n Persoon wie se denke vernuwe is, het positiewe verwagtinge voorop hulle gedagtes. Moenie toelaat dat jou verbeelding 'n beeld skep waar slegte dinge met jou gaan gebeur nie. Byvoorbeeld, 'n siekte wat erger word, 'n verhouding wat verbrokkel of 'n sakeonderneming wat faal. Vervang daardie negatiewe beelde met beloftes uit die Woord van God.


Daar is 'n komiese verhaal oor 'n pasgetroude paartjie. Die vrou het elke aand die gevoel gekry dat iemand in die huis is om hulle te beroof. Sy sou haar man vra om te gaan ondersoek instel. Hy gaan kyk, maar kry niemand nie. Dit het oor 'n lang tydperk, week na week, aangehou totdat die man daarvan moeg begin raak het. Uit respek vir sy vrou het hy steeds volgehou om op te staan en te gaan kyk of alles veilig is. Een aand, tydens sy nagtelike roetine, is hy verras deur wel 'n dief in die huis te kry. Die dief beveel hom om nie 'n geluid te maak nie en al die waardevolle artikels vir hom te gee. Nadat die man gehoorsaam het, vra hy die dief om nie so gou die huis te verlaat nie, maar om sy vrou te kom ontmoet, want sy wag al vir jare op sy koms.


Verwagtinge lei tot werklikhede. Sommige mense word soggens wakker met 'n voorbode dat iets slegs daardie dag met hulle gaan gebeur. As die dag dan so verloop, is dit van die duiwel af. Gaan terug bed toe en staan eers op wanneer jy 'n positiewe gevoel het dat God goed is en dat Hy goeie dinge vir jou beplan.


As jy voortdurend slegte gedagtes kry van wat gaan gebeur — en dit dan gebeur, stel jy jouself oop vir moeilikhede. Ek kies om op God te vertrou en verwag sy genade en ontferming, nie ongelukke en parkeerkaartjies nie.


Beteken dit dat ons nooit slegte dae gaan beleef nie? Nee! Ons leef egter nie in afwagting daarvan nie.


Besoek gerus my webtuiste vir nog gratis inhoud: pastorvlad.org


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid