Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 3 VAN 7

Stap Drie


Dit waarmee jy jou denke voed, vorm jou ingesteldheid.



Om jou ingesteldheid te verander is onmoontlik sonder om ook dit te verander waarmee jy jou denke vul. Wanneer ons die waarheid hoor om die vestings af te breek en ons denke te vernuwe, raak ons daarmee besig om ons ingesteldheid te probeer verander. Ons leer egter vinnig dat dit nie 'n maklike taak is nie. 



'n Ingesteldheid is wat jou beheer. Jou denke is wat jy beheer. Die enigste manier om jou instinktiewe en onwillekeurige gedagtepatrone te verander, is om jou bewussyn te vul met nuwe inligting oor die waarheid van God. Wanneer jou denke propvol is, loop dit oor na die onderbewussyn toe. 



Vyf-en-negentig persent van ons gedrag is instinktief, dit is hoekom ons doelwitte stel, maar dit nie bereik nie. Om doelwitte te stel is 'n funksie van die bewussyn, maar om dit te bereik is 'n funksie van die onderbewussyn. Jou onderbewussyn beslaan die grootste gedeelte van jou denke. Dit werk nie volgens logika nie, daarom glo die onderbewussyn enigiets wat die bewussyn dit voortdurend vertel. 



Dit is dus belangrik om ons denke met inligting uit die Woord van God te voed. Die Heilige Gees verander die inligting waarmee ons ons denke voed in openbaringe en sommer gou word dit ons nuwe ingesteldheid. Elke keer as jy die Heilige Gees 'n geleentheid gee om aan jou 'n openbaring uit die inligting in die Woord van God te bring, kan jy seker wees dat Hy die openbaring van daardie Woord in 'n werklikheid van die Woord sal omskep. Dan sal sy Woord sigbare resultate in jou lewe na vore bring. 



Voordat so 'n werklikheid in jou omstandighede teweeggebring kan word, moet jy toelaat dat die Gees van God openbaringe in jou gees bring. 



Laastens, voordat daar enige openbaring deur die Gees kan wees, moet jy jou denke so veel as moontlik eers met inligting uit die Woord van God vul. Lees, memoriseer en oordink die Bybel; luister na Christelike potgooie en lees Christelike boeke. Vul jou denke met die waarheid en die Heilige Gees sal dit lewendig maak — wat jou ingesteldheid sal verander en jou lewe sal herskep. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid