Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 5 VAN 7

Stap Vyf


Weerstaan negatiewe gedagtes, ondersteun positiewe gedagtes. 



Positiewe gedagtes gaan nie bly nie, dit moet ondersteun word. Negatiewe gedagtes sal nie weggaan nie, dit moet weerstaan word. 



Jesus se gelykenis wat handel oor die saad, die grond en die saaier in Matteus 13, toon dat slegte dinge soos onkruid uitgetrek moet word en goeie saad geplant moet word. Alle goeie sade het versorging nodig sodat hulle kan ontkiem en groei. Vir die slegte sade om te groei hoef jy niks te doen nie. Dit groei vanself. Ongelukkig groei goeie sade nie op dieselfde wyse nie. Dieselfde geld vir jou gedagtes. Die slegtes sal nie weggaan nie; die goeies sal nie bly nie. 



Ons moet vir die Woord van God in ons harte plek maak en die bose gedagtes van die vyand weerstaan deur dit gevange te neem en aan Christus onderdanig te maak. 



Die Bybel beskryf ons gedagtes as 'n skip wat op soek is na 'n hawe. Jy kan nie die slegte skepe keer om heen en weer oor die oseaan te vaar nie, maar jy kan hulle wel verhoed om vasmeer-voorregte in die hawe van jou gedagtes te kry. 



Jy kan nie voëls keer om oor jou kop te vlieg nie, maar jy kan voorkom dat hulle in jou hare nesmaak. Slegte gedagtes kom, maar dit hoef nie te bly as ons dit met die waarheid uit die Woord van God teenstaan nie. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid