Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 6 VAN 7

Stap Ses


Vier die proses. 



Dit gaan tyd verg om die verandering in jou denkpatrone te sien. Ek dink daar is 'n rede waarom God ses dae geneem het om die wêreld te skep in plaas van net een dag. Hy wou ons gewys het hoe om deur die proses van verandering te gaan. 



Elke dag is iets wonderbaar gedoen en God sou die dag eindig deur te vier wat gedoen is, in plaas daarvan om te kla oor wat nog gedoen moet word. Byvoorbeeld, op die derde dag toe daar nog so baie werk oor was, het God na die dag se werk gekyk en gesien dat dit goed was. God het nie gekyk na dit wat nog nie klaar is nie. Daar was nog baie om te doen, maar Hy het gevier wat reeds klaar was. 



Die vernuwing van jou denke vind plaas wanneer ons die klein oorwinnings vier en fokus op wat God nou doen, in plaas van wat Hy nog nie gedoen het nie. Dit is ook die moeite werd om te noem dat God nooit die ordelose proses van skepping vergelyk het met die pragtige hemel waar Hy woon nie. Die duiwel sal probeer om die proses van vernuwing in jou gedagtes deurmekaar te krap, deur jou vordering met iemand anders s'n te vergelyk. 



Ons is almal op verskillende dae van skepping. Ons moet ons oë vestig op die Skepper en nie onsself met ander vergelyk nie. Vergelyking maak tevredenheid dood. Ons word aangemoedig om die wedloop te hardloop terwyl ons na Jesus kyk, nie na die ander hardlopers om te sien hoe ons reis met hulle reis vergelyk nie. Die grootste blydskap in die lewe is om te weet wie jy is en wie jy nie is nie, om gemaklik te wees in jou eie vel en gelukkig te wees met die pad waarop God jou geplaas het, selfs al lyk dit vir jou of jy ver agter al die ander is. 



Jy is volkome in God. Jy het nie nodig om jouself met andere te vergelyk nie. Vergelyking lei tot klagtes. Vergelyking lei ook tot die verbreking van die tiende gebod om nie te begeer nie. Om te begeer vernietig God se kreatiewe proses om jou denke te vernuwe. 



As jou bure se grasperk groener as joune lyk, begin dan jou eie gras natgooi. Wees die beste weergawe van jouself wat die wêreld nog ooit gesien het. Onthou dit wat God begin het sal Hy getrou klaarmaak (sien Filippense 1:6). Hy is nog nie klaar met jou nie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid