Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 4 VAN 7

Stap vier 


Bely waarin jy glo, nie wat jy voel nie.



 Ons besit wat ons bely. Ons besit redding deur die belydenis dat Jesus die Here van ons lewens is. Ons besit God se beloftes deur dit met ons mond te bely. As jy gereeld slegs dit bely wat jy voel, doen jy skade aan jou geloof en help dit jou nie om negatiewe gedagtes te laat vaar nie. 



Toe God gesien het die wêreld is donker, 'n onbewoonbare vakuum en sonder vorm — het Hy nie sy woorde gebruik om die situasie te beskryf nie. In plaas daarvan het Hy die krag van sy woorde gebruik om die situasie te verander. Moenie jou mond as 'n termometer gebruik wat slegs die temperatuur van jou huidige omgewing meet nie. Laat die Woord van God toe om jou mond te verander in 'n termostaat wat die temperatuur van jou lewe verander deur dit te bely wat God sê.



Die Here het Josua beveel: “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees van alles wat jy sê" (Josua 1:8a). Josua moes nie net die boek lees of bestudeer nie, hy moes dit ook die riglyn maak van alles wat hy gesê het. Jesus het dit in die woestyn gedoen toe die duiwel Hom versoek het. Bes moontlik het die duiwel Jesus probeer versoek op dieselfde wyse as wat hy met ons doen — deur ons gedagtes. Jesus het nie net aan die Skrif gedink nie, Hy het die Skrif hardop aangehaal. 



Dit is so kragtig om, wanneer bose gedagtes jou denke aanval, jou mond oop te maak en nie oor jou eie gevoelens of omstandighede te praat nie, maar seker te maak dat jou woorde in pas is met die Woord van God. Soos dit in Joël 3:10b geskryf staan: "Selfs die swakke moet sê: 'Ek is 'n dapper soldaat'". Moenie altyd sê wat jy voel nie, andersins sal jou denke nie verander nie. Leer om liewer die Woord van God aan te haal. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid