Leesplan inligting

Sewe Maniere om Jou Denke te VernuweVoorbeeld

7 Ways to Renew Your Mind

DAG 1 VAN 7

Stap Een


Hou op wag vir 'n wonderwerk om jou denke te verander.



Die meeste van hierdie wonderwerke sal nooit plaasvind voordat jy die chaos uit jou denke verwyder deur dit met die Woord van God te vul nie. 'n Vernuwing van denke sal nooit plaasvind as iemand hierdie verskoning glo nie: "Die rede vir my negatiewe gedagtes is omdat my lewe so swaar is". Het jy al ooit gewonder of die rede vir jou swaar lewe dalk is omdat jou denke so negatief ingestel is? Jy kan nie wonderwerke in jou lewe ervaar as jou denke in 'n warboel is nie. 



Hou op om jou denke 'n sypaadjie te maak vir die duiwel om op te loop, maak dit eerder 'n dissipel vir die Woord van God. Die soort grond waar die voëls die saad opgepik het, was op die pad (Matteus 13:4). Moenie die duiwel toelaat om jou denke as 'n sypaadjie te gebruik nie, sodoende het die Woord van God geen kans om verandering teweeg te bring nie. Die voëls sal dit uit jou hart steel. 



Israel het geglo dat meer wonderwerke hulle denke sal verander, maar die meeste van hulle het as slagoffers in die woestyn gesterf, selfs al het hulle meer wonderwerke aanskou as wat enige geslag ooit die geleentheid sal hê om te sien. Die Fariseërs het dieselfde leuen geglo; as Jesus nog 'n paar wonderwerke sou doen, sal hulle glo dat Hy die Seun van God is. Ten spyte van al die bonatuurlike dinge wat Jesus gedoen het, insluitend die opwekking van dooies, was hulle steeds nie oortuig nie. 



Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons het wonderwerke nodig; maar wonderwerke alleen verander nie ons denke sonder nederigheid en gewilligheid om die Woord van God die standaard vir ons lewens te maak nie. Onthou, dieselfde son wat die ys laat smelt, verhard ook die klei. Wonderwerke is ook so — dié wat honger na die Woord van God, sal vind dat wonderwerke hul geloof versterk, maar vir diegene wat die gesag van die Woord van God oor hulle lewens weier, sal wonderwerke nooit genoeg wees nie. As jy ophou om jou omstandighede te blameer vir jou negatiewe denke, sal God begin om op 'n magtige manier in jou te werk.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Ways to Renew Your Mind

In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die m...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorvlad.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid