Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 7 VAN 7

CHRISTUS IS ALLES



In die ewige raadgewing van God, in die verlossingswerk aan die kruis en as koning op die troon in die hemel en op aarde, is "... Christus alles ..." (Kolossense 3:11). In die redding van sondaars, in hulle regverdiging en heiligmaking, in die opbouing van Christus se liggaam en in die versorging van individue, selfs die sondigste, is "Christus alles". Elke dag en elke uur word die kind van God vertroos en versterk wanneer hy in geloof aanvaar dat "Christus alles" is.



Dalk het jy, terwyl jy hier lees, gedink dat die volmaakte verlossing wat hier beskryf word nie vir jou bedoel is nie. Jy voel te swak, te onwaardig en te onbetroubaar. My liewe leser, as jy maar net die Here Jesus met kinderlike geloof wil aanvaar, sal jy 'n leier en 'n gids hê wat in al jou behoeftes sal voorsien (Filippense 4:19). Glo met jou hele hart in die woorde van ons Verlosser — "Ek is by julle al die dae ..." (Matteus 28:20) — en jy sal sy teenwoordigheid elke dag ervaar.



Hoe koud en ongevoelig jy ook al mag wees, hoe sondig jy is, ontmoet die Here Jesus in jou binnekamer, dan sal Hy Homself aan jou openbaar. Vertel vir Hom hoe ellendig jy is en vertrou Hom dan om jou te help en te onderhou. Wag op Hom, totdat jy jou, deur geloof, in Hom mag verheug. Jy het dit dalk met tye vergeet, maar elke dag as jy in stille gebed gaan, dink hieraan: "Christus is alles." Maak dit jou leuse om jou te leer bid, om jou geloof te versterk, om jou die versekering van sy liefde te gee en toegang tot die Vader, om jou sterk te maak vir die werk van die dag. "Christus is alles." Ja, Christus, jou Christus, is alles wat jy nodig het. Dit sal jou leer om in sy liefde te bly. Dit sal jou die versekering gee dat Hy in jou hart woon en jy sal "... liefde wat ons verstand te bowe gaan ..." ken (Efesiërs 3:19). Prys God tot in alle ewigheid! Christus, jou Christus, is jou alles in alles!



 Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Ontdek ook ander bronne by https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid