Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 4 VAN 7

DIE WOORD VAN GOD



Die Here vergelyk die Woord van God met ons daaglikse brood en leer ons daardeur 'n belangrike les. Ons weet dat brood onontbeerlik in die lewe is. Ons almal verstaan dit. Hoe sterk 'n persoon ook al is, as hy geen voeding kry nie sal hy swakker word en doodgaan. As 'n siekte my verhoed om te kan eet, sal ek doodgaan. Dis net so met die Woord van God. Die Woord bevat 'n hemelse beginsel en werk kragtig in hulle wat glo.



'n Mens moet brood eet. Ek mag alles van brood weet. Ek mag dalk brood hê en dit vir ander gee. Ek kan selfs baie brood in my huis en op my tafel hê, maar dit sal my niks help as ek dit nie eet nie. Net so sal blote kennis van die Woord van God en ook die prediking daarvan aan ander, nie tot my voordeel wees nie. Dis nie genoeg om net daaraan te dink nie. Ek moet eerder die Woord van God "eet" en dit deel van my hart en lewe maak. Ek moet die woorde van God in liefde en gehoorsaamheid vasgryp en dit toelaat om my hart volkome aan te gryp. Dan sal dit inderdaad woorde van lewe wees.



Brood moet elke dag geëet word en dis ook waar vir die Woord van God. Die psalmdigter skryf: "Dit gaan goed met die menswat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink (Psalm 1:1-2); "Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by" (Psalm 119:97). Om die Woord van God elke dag "in te neem" is onontbeerlik om 'n sterk en kragtige geestelike lewe te verseker.



Toe Hy op aarde was, het die Here Jesus die mense in die Woord van die Vader onderrig, dit liefgehad en gehoorsaam. As jy in verbondenheid met Hom wil leef, sal jy Hom in sy Woord vind. Christus sal jou leer om deur sy Woord met die Vader te kommunikeer, net soos Hy op aarde gedoen het. Jy sal, net soos Hy, leer om net tot die eer van God en die vervulling van sy Woord te leef.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid