Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 3 VAN 7

GELOOF



Hier is vir ons 'n uiters belangrike les. Wanneer ons alleen in ons binnekamer is, moet ons ons versoeke met volkome vertroue in God se liefde en die krag van die Here Jesus rig. Maak tyd om jouself hierdie vraag te vra: "Is my hart met 'n groot en standvastige geloof in God se liefde gevul?" Indien dit nie die geval is nie, moenie dadelik begin bid nie. Geloof kom nie vanself nie.



Dink in stilte na hoe onmoontlik dit vir God is om te lieg. Hy wag met 'n ewige liefde om jou te seën (Kyk na Psalm 29:11). Soek 'n paar Skrifgedeeltes wat God se krag, getrouheid en liefde openbaar. Hou vas aan daardie woorde en sê: "Ja, Here, ek sal met vaste geloof in U en in u groot liefde bid."



Dis 'n fout om die woord geloof te beperk tot die vergifnis van sonde en ons aanvaarding as kinders van God. Geloof behels baie meer as dit. Ons behoort geloof te hê in alles wat God gewillig is om vir ons te doen. Ons moet elke dag geloof hê, afhangende van ons besondere behoeftes. God is so oneindig groot en magtig, en Christus het soveel genade vir elke nuwe dag dat ons elke dag nuwe geloof behoort te hê, na gelang van die dag se vereistes.



Wanneer jy in jou binnekamer gaan, nog voor jy begin bid, vra jouself af: "Glo ek regtig dat God hier by my is en dat die Here Jesus my vandag sal help om te bid? Glo ek dat ek kan verwag om 'n geseënde tyd in God se teenwoordigheid te hê?"



Jesus het dikwels sy dissipels geleer hoe onontbeerlik geloof vir gebed is. Hy sal jou ook hierdie les leer. Bly in gemeenskap met Hom en vra Hom om jou geloof in sy almagtige krag te versterk. Net soos Hy vir Marta gesê het, sê Hy ook vir jou en my: "Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?" (Johannes 11:40).


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid