Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 1 VAN 7

 GEMEENSKAP MET GOD



Die drie persone in die Drie-eenheid, is die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Elkeen is anders, net soos ons verskillende individue is. God verlang om Homself as 'n persoon te openbaar; Hy sal Homself openbaar en dit is ons heilige roeping om in gemeenskap met Hom te tree.



God is ernstig op soek na hierdie gemeenskap met die mens. Sonde het egter tussen die mens en sy God gekom. Selfs die Christen wat dink dat hy God ken, is dikwels onkundig en ook onverskillig teenoor hierdie persoonlike verhouding van liefde vir God.



Mense glo dat hulle sonde tydens hul bekering vergewe word, dat God hulle aanvaar sodat hulle hemel toe kan gaan en dat hulle moet probeer om God se wil te doen. Dis 'n vreemde idee vir hulle dat hulle elke dag 'n geseënde verhouding met God mag, en moet hê, net soos 'n vader en sy aardse kinders vreugde vind in samesyn.



God het vir ons sy Seun, Christus, gegee sodat ons na Hom kon kom. Dis slegs moontlik as ons in 'n noue verhouding met Jesus Christus leef. Ons verhouding met Christus berus op sy diep innige liefde vir ons. Ons is nie uit ons eie in staat om sulke liefde aan Hom te gee nie. Die Heilige Gees sal hierdie werk vir ons doen. Hiervoor is dit egter nodig dat ons onsself elke dag afsonder van die wêreld en ons geloof op die Here Jesus rig, sodat Hy sy liefde in ons harte kan uitstort (Romeine 5:5), en sodat ons met groot liefde vir Hom gevul kan word.



Geliefde, dink in stilte hieroor na. Maak tyd om in hierdie persoonlike samesyn te glo. Vertel vir God dat jy Hom liefhet. Sê vir Hom: "Here, U het my innig liefgehad en daarom begeer ek opreg om U liewer te hê as alle mense."


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid