Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 6 VAN 7

DIE KRUIS VAN CHRISTUS



Die kruis van Christus is sy grootste heerlikheid. God het Hom tot die hoogste eer verhef omdat Hy Homself tot die dood aan die kruis verneder het (Filippense 2:8-9). Die kruis was die krag wat die Satan en sonde oorwin het.



Die Christen en Christus deel die kruis. Die gekruisigde Christus leef in die Christen deur die Heilige Gees en die gees van die kruis inspireer hom. Hy leef soos een wat saam met Christus gesterf het. As hy tot 'n besef kom van die krag van Christus se kruisiging, leef hy soos een wat gesterf het van die wêreld en sonde, en die krag word 'n werklikheid in sy lewe. Christus leef in hom as die Gekruisigde Een.



Ons Here het vir sy dissipels gesê: "As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg ..." (Matteus 16:24). Het hulle dit verstaan? Hulle het gesien hoe mense 'n kruis dra en het geweet dat dit 'n pynlike dood beteken het. Deur sy hele lewe het Christus sy kruis gedra — die doodsvonnis waarvoor Hy vir die wêreld sou sterf. Net so moet elke Christen sy kruis dra, erken dat hy die dood verdien en glo dat hy saam met Christus gekruisig is en dat die Gekruisigde Een in hom leef. "Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is ..." (Romeine 6:6). "Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig" (Galasiërs 5:24). As ons hierdie lewe van die kruis aanvaar het, sal ons saam met Paulus kan sê: "... mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus ..." (Galasiërs 6:14).



Dit is 'n diep geestelike waarheid. Dink en bid daaroor, dan sal die Heilige Gees jou leer. Laat toe dat Christus se ingesteldheid aan die kruis, sy nederigheid, sy opoffering van alle aardse eer en sy gees van selfverloëning, jou aangryp. Die krag van sy dood sal in jou werk, jy sal soos Hy word in sy dood en jy sal "... Christus ... ken, [en] die krag van sy opstanding ..." (Filippense 3:10). Moenie haastig wees nie, liewe leser, sodat Christus, deur sy gees, Homself aan jou kan openbaar as die Gekruisigde Een.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid