Leesplan inligting

Andrew Murray OordenkingVoorbeeld

Andrew Murray Devotional

DAG 2 VAN 7

 JESUS



Omdat Hy 'n mens was, het die Here Jesus sy eie individuele naam gehad. Sy ma, dissipels en al sy vriende het Hom so genoem: Jesus. Hulle het egter nie baie nagedink oor wat daardie naam beteken nie. Deesdae weet die meeste Christene skaars wat 'n skat in die naam, Jesus, opgesluit is: "Hy sal sy volk van hulle sondes verlos."



Baie mense dink aan sy kruisdood of sy werk in die hemel as Voorbidder, maar hulle besef nie dat Jesus 'n lewendige persoon in die hemel is wat elke dag aan ons dink en smag om Homself aan ons te openbaar nie. Hy wil baie graag hê dat ons elke dag ons liefde en bewondering vir Hom sal bring.



Christene bid en vra Christus om hulle van hul sondes te verlos, maar hulle weet nie eintlik hoe hierdie geseënde werk plaasvind nie. Die lewendige Christus openbaar Homself aan ons, en deur die krag van sy liefde, word die liefde vir sonde verdryf. Dis deur middel van 'n persoonlike verhouding met Hom dat Jesus ons van ons sondes verlos. Ek moet as individu na Jesus toe kom, met my hele hart en al die sonde wat dit bevat, want Hy is 'n almagtige, persoonlike Redder in wie God se heiligheid heers. Terwyl ek en Hy in die uitdrukking van gemeenskaplike liefde en begeerte saam is, sal sy liefde deur die werking van die Heilige Gees in my hart, al die sonde verdryf en oorwin.



Liewe Christen, jy sal elke dag die geheim van vreugde en heiligheid vind, as jy in gemeenskap met Jesus leef. Jou hart sal na die uur van gebed as die beste uur van die dag verlang. Terwyl jy leer om elke dag alleentyd met Hom deur te bring, sal jy sy teenwoordigheid ervaar, wat jou in staat stel om Hom lief te hê, te dien en regdeur die dag in sy weë te wandel. Deur middel van hierdie ononderbroke gemeenskap sal jy die geheim van die krag van 'n ware Goddelike lewe leer ken.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Andrew Murray Devotional

Andrew Murray was 'n Suid-Afrikaanse predikant wat baie boeke en kort oordenkings geskryf het om die Woord van God aan landelike gemeentelede te versprei. Hierdie bemoedigende oordenkings, wat saamgestel is uit van Murra...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/product/andrew-murray-devotional/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid