Leesplan inligting

Die GeskenkVoorbeeld

The Gift

DAG 5 VAN 5

Aanbid met Verwondering



Vir honderde jare het mense vir Jesus gewag. As jy jouself dus hierdie Kersfees in ’n tydperk van afwagting bevind, is jy nie alleen nie. Afwagting kan ook ’n kragtige herinnering wees aan die Een vir wie ons aanbid.



God kon ons in ’n oogwink gered het, maar tog kies Hy om sy Seun vir ons te stuur. Iemand wat onder ons kom woon het, wat onder ons gely het, en vir ons gesterf het as die volmaakte geskenk wat ons nooit sou kon verdien nie.



Soms is ons so besig om dinge vir God gedurende die vakansieseisoen te doen dat ons vergeet die eintlike doel van sy geskenk was om met ons te wees. Ons weersin bou op omdat ons die regte dinge doen, maar met die verkeerde hartsgesindheid. Dit is so maklik om te vergeet dat die geskenk, Jesus, nie oor ons gaan nie, maar oor God en sy genade.



Hierdie Kersfees egter, hoef ons nie deur die vakansie te woel en te werskaf nie. Ons kan net stil word, nadink en die geskenk van genade onthou. Die geskenk wat beteken dat ons op kan hou om te streef, te stres of probeer om ons weg na God toe te verdien — en in plaas daarvan die geskenk te ontvang wat Jesus gekom het om vir ons te gee. 



Die wyse manne het nie geskenke gebring om hul weg na God toe te verdien nie. Die geskenke is nie gegee met ’n verskuilde agenda of die verwagting van ’n seën nie. Hulle het eerder geskenke gegee as ’n uitvloeiing van hul aanbidding en ’n uitbreiding van hul verwondering. 



Laat ons in hulle voetspore volg. Laat ons nie ons gehoorsaamheid uit verpligting aanbied nie, maar as ’n uitvloeiing van ons opregte liefde vir die Een wat vir ons die beste geskenk ooit gestuur het. 



Die geskenke wat die wyse manne gebring het is vandag vir ons ’n bron van hoop, want hulle herinner ons vir Wie ons aanbid. ’n God wat sy Seun gestuur het as ons Koning, ons Geneser, en ons Verlosser. 



Staak die vakansie se gejaagdheid en begin om teen 'n stadiger pas van verwondering die geboorte van Jesus, ons opgestane Koning, te onthou. 



Bid: Vader God, dankie dat U vir ons die beste geskenk ooit gestuur het deur u Seun, Jesus. Fokus my hart op wat U vir my gedoen het, en help my om u geskenk van genade ten volle te ontvang. Help my om op te hou woel en werskaf en in verwondering U te begin aanbid, vir wie U is en wat U gedoen het. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Bring vandag 'n tydjie in stilte deur, raak rustig en luister na God, aanbid Hom vir wie Hy is.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Gift

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groesche...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid