Leesplan inligting

Die GeskenkVoorbeeld

The Gift

DAG 4 VAN 5

Aanbid Jesus vir Wat Hy Gedoen Het – Ons Verlosser



Wat is die grootste geskenk wat jy ooit ontvang het?



Miskien was dit ʼn bedagsame, goedberekende geskenk wat iemand vir wie jy lief is jou mee verras het. Dalk was dit ʼn geskenk wat meer gekos het as wat jy gedink het jy verdien. Dalk was dit ʼn geskenk wat jy nooit gedink het jy sou wou hê nie.



Alhoewel ons dit nooit sou kon verdien nie, het Jesus ʼn enorme offer net vir ons gebring. Toe ons nog sondaars was — bewus van ons foute en voordat ons ooit kon dink om Hom lief te hê — het Jesus gekies om vir ons te sterf sodat ons kon kies om ʼn verhouding met God te hê.



Daardie feit alleen behoort ons met verwondering en dankbaarheid te vul – en soos die wyse manne, behoort dit ons aanleiding tot aanbidding te gee.



In hul aanbidding, het die wyse manne vir Jesus ʼn laaste geskenk gegee: mirre.



Mirre het verskeie gebruike gehad, maar was meestal met lyding en dood vereenselwig. In die Ou Testament is mirre gebruik as ʼn salwingsolie om die tempel en priesters of leiers voor te berei. Dit is ook in die Nuwe Testament as ʼn balsemingsolie gebruik en as medikasie om die lyding van mense wat gekruisig is, te verlig.



Net soos die ander geskenke, gee mirre ʼn vooruitskouing van wie Jesus sou wees:




  1. Die Gesalfde Een. Jesus is deur die Heilige Gees gesalf om die evangelie te verkondig, ons gesond te maak, en om onderdruktes vry te stel (Lukas 4:16-19).

  2. ʼn Lydende Dienskneg.  Jesus het nie die mirre gedrink om sy marteling aan die kruis te verlig nie (Markus 15:23). Hy het die volle gewig van ons sondes op Hom geneem en ook al die pyn en lyding namens ons gedra. Regdeur sy bediening sien ons Jesus se dienende hart.

  3. Die Finale Offer. Jesus het die finale offer gebring — sy lewe vir ons s’n. Hy het gely en vir sondes betaal wat Hy nooit gepleeg het nie.


Terwyl jy dink aan alles wat Jesus gedurende sy bediening op aarde gedoen en bereik het, laat dit jou tot aanbidding inspireer. Dié aanbidding kan verskeie dinge wees. Dalk is dit om dankbaarheid aan Jesus te bewys deur Hom te loof vir wie Hy is. Miskien is dit om vir Christus te ly. Miskien is dit om, soos Christus, genade en liefde aan ander te betoon. Aanbidding is iets wat die wyse manne vir ons gedemonstreer het en wat steeds vandag in sy geheel op ons lewe van toepassing is.



Die vakansieseisoen kan só besig raak en daar is soveel dinge aan die gang. Laat ons net soos die wyse manne, die geskenk wat Jesus ons gegee het onthou en eer. Mag ons tog nooit só besig raak of ons aandag só afgelei word, dat ons vergeet om te onthou wie die Een is vir wie ons in werklikheid vier, en die beste Geskenk wat ons ontvang het.



Bid: Here, dankie dat U vir my gely het en vir my die heel beste geskenk gegee het — u lewe. Jesus, wat ʼn asemrowende geskenk en offer het U gemaak. Ek kan U eerlikwaar nie genoeg bedank nie. Herinner my asseblief vandag aan u genade en u liefde en help my om net so ʼn offervaardige en dienende hart soos U te hê. In die Naam van Jesus. Amen.



Toepassing: Wy ʼn bietjie ekstra tyd en energie vandag daaraan om genade, liefde of vriendelikheid aan iemand te bewys.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Gift

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groesche...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid