Leesplan inligting

Die GeskenkVoorbeeld

The Gift

DAG 2 VAN 5

Aanbid Jesus vir Wie Hy is – Ons Koning



Het jy al ooit gesukkel om die perfekte geskenk te vind vir iemand vir wie jy lief is? Jy wil hê dit moet betekenisvol vir hulle wees sodat hulle kan sien hoe betekenisvol hulle vir jou is.  



Die wyse manne het vir Jesus geskenke gegee wat op die oog af effens vreemd voorgekom het, maar het in werklikheid 'n pragtige beeld geskep van wie Jesus is. Hulle het vir Hom goud, wierook en mirre gebring. Dis maklik om dié items te laat verbygaan sonder om veel aandag daaraan te skenk, maar hierdie geskenke het soveel betekenis gehad dat dit ons kan help om ons harte hierdie Kersfees te fokus.



Tesame, wys hierdie geskenke vir ons wie Jesus is. 'n God wat soewerein is, maar tog ook gewillig om vir ons te ly en ons te red. 



Daar is verskeie redes hoekom die wyse manne gekies het om goud as een van hulle geskenke vir Jesus te bring. Eerstens, goud is iets wat jy vir 'n koning sou gee. Dink egter vir 'n oomblik aan die geloof wat hulle moes hê om goud vir 'n kind te gee. Almal het verwag dat God 'n koning sou stuur. Die feit is, dat die mense in Jesus se tyd iemand wou hê om hulle land te regeer – nie noodwendig hul harte nie. In plaas daarvan, stuur God 'n kind wat sou grootword, ons leer hoe om te lewe, en in ons plek vir ons sondes sou sterf. 



Dus was 'n kind nie eintlik wat enigiemand verwag het nie. Tog skenk die wyse manne steeds goud om aan te toon dat Jesus ons Koning is en ons lof, offer en eer waardig is. 



Goud was ook betekenisvol in die Ou Testament. Om die waarheid te sê, in die boek 1 Konings sien ons hoe Salomo goud gebruik het toe hy die tempel vir God gebou het. Hy het baie duidelike instruksies gehad vir die bou van die tempel, want dit was waar God se teenwoordigheid sou wees. 



Daar was verskeie areas in die tempel, waarvan die binneste area bekend was as die Mees Heiligste Plek, of die Allerheiligste. In daardie plek kon die priester die teenwoordigheid van God ervaar en 'n offer namens die volk bring. Die mure en altaar in dié heilige plek was van goud gemaak.



Dus, toe die wyse manne vir Jesus goud gegee het, was dit 'n vooruitskouing van Jesus se finale offer wat Hy vir ons sou bring. Dit was deur aan die kruis te sterf, op die derde dag uit die dood op te staan en so vir ons die keuse te gee om 'n verhouding met God te hê. 



Alhoewel die wyse manne vir Jesus goud gegee het, het Jesus vir ons 'n veel kosbaarder geskenk gegee. Die wyse manne het nie hul toegang tot God gekoop nie. Geen mens, ongeag hoe belangrik of welaf, kan dit bekostig nie. Jesus het uit vrye wil die prys betaal wat ons nooit sou kon nie, om die weg te baan vir 'n persoonlike verhouding tussen ons en God. Die wyse manne het wel vir Jesus goud geskenk — Jesus het egter vir ons 'n verbinding met God geskenk. 



Die enigste redelike reaksie vir die wyse manne was 'n buitensporige daad van aanbidding vir Jesus. Mag ons net soos hulle offer en mag ons onthou dat Jesus ons Koning is. In 'n tydperk wat dikwels met gejaagdheid vereenselwig word, laat ons vir 'n oomblik stilstaan en onthou hoe heilig en ontsagwekkend dit is dat God Jesus sou stuur om by ons te wees.



Bid: Vader God, dankie dat U vir Jesus gestuur het om ons finale offer te wees. Dankie dat U die Koning van konings en die Here van alle here is. Herinner my vandag aan u heerlikheid. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Wanneer jy vandag bid, vind 'n plek waar jy kan kniel en so te onthou dat Jesus Koning is. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Gift

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groesche...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid