Leesplan inligting

Die GeskenkVoorbeeld

The Gift

DAG 3 VAN 5

Aanbid Jesus vir Wat Hy Doen — Ons God, Priester en Geneser 



Die volgende geskenk wat die wyse manne vir Jesus gebring het was wierook. 



Wierook is die gedroogde sap van bome. Meer spesifiek, bome wat in en om die suidelike gedeelte van die Arabiese skiereiland groei. 



Eerstens, ʼn spesiale mes word gebruik om 'n snit in die Boswellia sacra-boom te maak en sodoende die sap te laat uitsyfer. Die eerste sap word nie opgevang nie, dit reinig slegs onsuiwerhede. 



Later word meer snitte gemaak om sodoende gesuiwerde vloeistof vry te stel. Soos wat die sap droog word, vorm dit, wat die industrie na verwys as ʼn “traan”. Hierdie “trane” word van die bome afgehaal, in stukkies gedruk en as wierook verkoop. 



Die wierook wat aan Jesus geskenk is, was sekerlik oor die Arabiese woestyn (waarskynlik op kamele) vervoer, soos voorspel in Jesaja 60:6. In daardie tyd was dit sekerlik meer werd as hul gewig in goud. Dit is egter in die doel en funksie van hierdie geskenk dat ons eers regtig begin om die werklike waarde te herken. Wierook is dikwels gebrand as 'n reukwerk. In werklikheid verwys die geskiedenis van die woord op sigself, na iets soos suiwer of hoë kwaliteit reukwerk. 



Regdeur die Ou Testamentiese geskiedenis is hierdie suiwer reukwerk deur die priesters in die tempel gebruik as deel van hul aanbiddingsritueel en offers wat hulle vir God gebring het om sondes te bedek. In die antieke wêreld is dit ook dikwels as geneesmiddel gebruik. 



Onlangse wetenskaplike navorsing dui daarop dat wierook steeds oor genesende kragte beskik, veral teen sekere kankers. In 'n onderhoud met die BBC, het die immunoloog, Mahmoud Suhail, verduidelik dat “kanker ontstaan wanneer die DNA-kode in ʼn sel se nukleus bederf raak. Dit wil voorkom asof wierook oor ʼn 'herstelfunksie' beskik. Dit kan die sel inlig wat die korrekte DNA-kode moet wees.”



Hoekom het die wyse manne dan vir die jong Jesus wierook gebring? Wetend of onwetend het hulle die enigste bestanddeel gebring wat die verhaal kon vertel wat in Jesaja 53:5 voorspel is: 



”Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.”



Jesus het dit gedoen en Jesus doen dit nog steeds. Net soos die Boswellia sacra-boom gepers word om wierook te produseer, was Jesus verbrysel sodat Hy vir ons genesing kon bring – die finale priester wat sy lewe gegee het as finale en volmaakte offer vir ons sondes en wat steeds ter wille van ons, na God toe gaan. Hy is die "herstelfunksie" wat alles regmaak. Hy is ons vrede. 



Bid: Jesus, dankie dat U ons saak by God regmaak. Dankie dat U vir ons intree en vir al die maniere waarop U ons gesondmaak, ons herstel, vir ons vrede bring, en wys dat U by ons is. Amen. 



Toepassing: Hoe gaan jy Hom aanbid vir wat Hy gedoen het en steeds doen? Hoe kan jy op Hom vertrou as jou Priester en Geneser? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Gift

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groesche...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid