Leesplan inligting

Die GeskenkVoorbeeld

The Gift

DAG 1 VAN 5

Koester 'n Tempo van Verwondering



Dis die wonderlikste tyd van die jaar, maar soms voel die taaklys eindeloos, die voorbereiding is uitdagend, en die vakansie het soms 'n manier om ons aan ons grootste teleurstellings te herinner.



Wat as ons verkies om in hierdie besige tydperk halt te roep om 'n dieper vreugde te ontdek? Wat as ons die pas verlangsaam om 'n tempo van verwondering te koester? 



Ons kan. Jy kan. Om die wonderlikste tyd van die jaar te ervaar moet ons begin om dit die mees aanbiddende tyd van die jaar te maak. Want, wonder en aanbidding gaan hand-aan-hand. 



Dit mag dalk nie maklik wees nie. Miskien was dit 'n moeilike jaar. Miskien ervaar jy die verlies van 'n geliefde, die verlies van 'n droom, of die verlies van wat jy gedink het hoe jou lewe sou wees. Dalk is jy in 'n tydperk van afwagting. Nietemin, jou vorige ervarings hoef nie jou toekomsverwagtinge te bepaal nie. 



Wanneer ons aanbid, toon ons ontsag aan iemand of iets. Gedurende hierdie tyd van die jaar het ons almal rede vir aanbidding — en dit is nie aan ons huidige omstandighede verbind nie. Ons het rede tot aanbidding vanweë die geskenk wat ons deur Jesus ontvang het.



Kyk net wat gebeur wanneer 'n paar wyse manne van Jesus se geboorte te hore kom: 



"Toe hulle [die wyse manne] die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre" Matteus 2:10-11.



Vir honderde jare het die mense gewag. Wagtend op God om sy belofte te vervul om vir ons die Verlosser te stuur. Kersfees is een van die beste herinneringe dat God sy beloftes hou. Hy het Jesus vir ons gestuur as die heel beste geskenk om te bewys dat God by ons wil wees. 



Die wyse manne het met onbeteuelde vreugde feesgevier. Hulle was aangegryp. Hulle het aan sy voete geval en die enigste ding gedoen wat jy kan wanneer jy soveel wonder in die gesig staar — aanbid.



Hierdie Kersfees, in plaas daarvan om te fokus op wat jy moet doen, aanbid God vir wat Hy vir jou gedoen het. In plaas daarvan om te fokus op wat jy kortkom, fokus op God se liefde. 



Maak jou pas stadiger tot 'n tempo van verwondering, deur God te aanbid en te dank vir die geskenk, Jesus. Oor die volgende paar dae gaan ons meer praat oor die wyse manne, die geskenke wat hulle vir Jesus gegee het, en hoe daardie geskenke ons kan lei tot 'n plek van aanbidding. Ons sal praat oor praktiese maniere hoe om die vreugde van Kersfees terug te eis en saam sal ons God vra om ons sin van verwondering te herstel. 



Bid: Vader, maak my pas hierdie Kersfees stadiger tot 'n tempo van verwondering. Herinner my aan wie U is en help my om U in vreugde te aanbid. Help my om op te hou fokus op my taaklys en te begin fokus op die geskenk Jesus, u Seun. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Hoe kan jy jou sin van verwondering hierdie Kersfees laat toeneem? Kan jy dink aan maniere hoe jy deur hierdie tydperk in aanbidding kan gaan? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Gift

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar, maar ons woel en werskaf so dikwels deur die vakansiedae. Wat daarvan as ons die wonder hierdie Kersfees terugeis? In hierdie 5-dag leesplan, vergesel deur Pastoor Craig Groesche...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid