Leesplan inligting

Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

DAG 5 VAN 5

Beoefen Dit



Na 21 dae van aktiewe werk om ons gedagtes te herskep, behoort ons toksiese gedagtes nou vervang te wees met 'n positiewe en produktiewe gedagtegang. Dis hoe ons ons lewens verander. — Dr. Caroline Leaf



Matteus 4:1-11 vertel van Satan se aanslae op Jesus terwyl Hy vir 40 dae in die wildernis was. Jesus was gedurende dié tyd sonder kos. Satan het besef dat Jesus swak was en het probeer om Jesus sover te kry om God te verraai. Met elke aanslag van Satan het Jesus die Woord van God aangehaal. Selfs al was Hy vir 40 dae sonder fisiese lewensmiddele, het Hy oorleef en geestelik gefloreer, omdat Hy tyd saam met sy Vader deurgebring en die waarheid geken het. Hy was voorbereid op hierdie versoeking. 



Ons kan nie vry leef as ons gereeld toelaat dat ons toksiese gedagtes ons denke oorheers nie. Die beste manier om die stryd te wen, is deur die Skrif toe te pas, want dit sal ons versterk. Ons moet voor die tyd al gereed wees vir elke veldslag en nie eers wanneer ons reeds in die stryd is nie. Soldate begin nie eers na hulle wapens gryp wanneer koeëls begin rondvlieg nie. Hulle is voorbereid — voor die tyd en die hele tyd. 



Kom ons berei onsself dus voor deur ons gedagtes te toets en te kies om die toksiese gedagtes vas te vang in plaas daarvan om dit te koester. Sodra ons dit doen, stop ons die leuen wat ons heeltyd gevange hou. Dit is al manier om vry te raak van toksiese gedagtes.



Dit is ook waar dat as ons ons gedagtes op Jesus rig en tot sy eer leef, sal dit nie meer so gereeld nodig wees om ons gedagtes te toets en gevange te neem nie. Die skrywer van Die Boodskap Bybel, moedig ons teen die einde van Fillipense 4:8 aan om ons gedagtes te vul met "dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is." 



Ons moet gedurig ons gedagtes vul met dit wat lewe gee. Ons moet op die uitkyk wees vir die goeie, dan sal ons dit gewis vind.



Oordink




  • Op dag drie het jy 'n toksiese gedagte neergeskryf wat jou gedagtes gevange neem. Hopelik het jy nou 'n vers gevind wat die gedagte bekamp. Hou aan om dit vir 21 dae lank te doen. Skryf die oorwinning neer wat jy daarna gevind het. Maak dit elke dag 'n deel van jou roetine, totdat hierdie toksiese gedagte jou nie meer oorheers nie.

  • Doen dit ook nou met 'n tweede toksiese gedagte en vind 'n vers wat die leuen sal oorwin. Maak die gewoonte deel van jou daaglikse roetine totdat al jou toksiese gedagtes jou nie langer oorheers nie. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese g...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid